kategorieë: Leef gesondGesondheid

Arbeidsterapie: hoe sport jou duim kan beseer

In 1955 is ’n interessante duimbesering gediagnoseer deur ’n ortopediese chirurg genaamd CS Cambell. Sy gereelde pasiënte was die Skotse mans wat lief was vir jag, veral hase-jag. Dìe hase is gewoonlik voorberei vir ’n sappige feesmaal, maar ongelukkig teen ’n pynlike prys. Die jagters het gereeld beserings aan hul duime opgedoen wanneer hulle die haas se nekke afruk deur hul hand met ’n uitgestrekte webspasie tussen die duim en die ander vingers agter die nek van die haas te plaas. Die jagter voer dan ’n blitsige rukbeweging uit om die haas se nek te breek, min wetend dat sy gewelddadige aksie mettertyd tot ’n doktersbesoek sou lei. Dr Cambell het hierdie besering “Gamekeeper’s thumb” genoem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die besering word gekenmerk deur ’n onstabiele duimgewrig, pyn en die onvermoë om ’n knypgreep uit te voer. Die persoon sukkel om skoenveters vas te maak en eenvoudige take uit te voer soos om ’n papier te skeur. Op ’n duidelike X-straal kan ons sien dat die duim se ulnêr kollaterale ligament geskeur of gerek is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nie net van hase jag nie

Vandag kry ons ’n soortgelyke besering, maar nie as gevolg van hase vang nie. ’n Waarskuwing vir almal wat lief is vir sneeuski: hierdie besering mag dalk oor jou pad kom! Ons noem dit “Skier’s thumb” en dit word hoofsaaklik opgedoen wanneer jy val en jou duim vasgevang word in die lissie van die skistok. Die skiër se besering verskil van dié van die haasjagters. “Gamekeeper’s thumb” word oor ’n tydperk opgedoen, en “Skier’s thumb” is ’n akute besering. Dis ook algemeen in sportsoorte soos rugby, sokker en netbal, en die atlete raak gewoonlik bewus van die besering wanneer hulle hul opponent ná die wedstryd ’n handdruk gee. Jy moet onmiddellik ’n geneesheer spreek indien jy vermoed jy het hierdie besering opgedoen. Behandeling moet binne tien dae plaasvind om te verseker dat die ligament ’n goeie kans het op herstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Behandeling

Die geneesheer bepaal die erns van die besering deur dit as ’n graad een-, twee- of drie-besering te klassifiseer. Vir graad een en graad twee beserings word die arbeidsterapeut deur die dokters gekonsulteer om ’n handspalk te maak wat die duim vir agt weke immobiliseer. Die dokter kan ook ’n K-draad in die duim sit om dit te immobiliseer. ’n Graad drie-besering gaan waarskynlik chirurgie nodig hê waartydens die ligament rekonstruksie ondergaan.

Dit beteken natuurlik geen ski of hase vang vir agt weke nie! Na agt weke sal die arbeidsterapeut en die pasiënt begin met ligte en pynvrye oefeninge om die gewrig losser te maak en die spiere om die duimgewrig te versterk. Die terapeut sal die pasiënt ook betrek by aktiwiteite waar hy verskillende grepe moet uitvoer om die hand weer funksioneel te maak vir die volgende hase jag- of ski-ekspedisie.

Kontak 012 362 5457, otoffice@uitweb.co.za of www.otasa.org.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

2 days Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

2 days Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

2 days Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

2 days Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.