Elkeen van ons het, afhangend van die stadium van ons lewe, sekere rolle en take om te vervul. Hierdie take verwys na alledaagse aktiwiteite soos werk, slaap, verhoudings, vryetydsbesteding en persoonlike bestuur en verantwoordelikhede. Die doel van Arbeidsterapie is om ’n persoon te help om hierdie rolle en take so onafhanklik en effektief as moontlik te kan verrig, om met ander woorde met optimale lewenskwaliteit te leef.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Persone met stres of psigiatriese diagnoses soos gemoedsversteurings (onder meer depressie en bipolêre siekte), en angsversteurings, ondervind dikwels probleme met die hantering van hul emosies, denkpatrone, konsentrasie en motivering. Dit beïnvloed gebalanseerde en suksesvolle deelname aan alledaagse aktiwiteite negatief.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ons psigososiale Arbeidsterapie-groepe word as deel van ’n groepsprogram in ’n psigiatriese kliniek aangebied. Binne die groep fokus ons op deelname aan ’n verskeidenheid aktiwiteite (onder andere kreatief en sosiaal), in ’n veilige en gestruktureerde omgewing. Tydens deelname beleef die kliënt sy eie potensiaal en raak hy/sy bewus van vaardighede en sterktes. Dit lei tot meer selfvertroue en verbeterde deelname aan alledaagse aktiwiteite wat hy voorheen as problematies ervaar het. In groepsterapie beleef die kliënt homself ook in interaksie met ander mense en raak dan bewus van foutiewe denkpatrone en kommunikasiestyle. Dit is vir ons belangrik om kliënte te help om op hul eie daaglikse funksionering te fokus, en dan met nuwe vaardighede toe te rus wat hul funksionering tuis positief sal beïnvloed.
Ons behandel volwassenes, bejaardes, tieners en kinders as deel van ’n multi-dissiplinêre span wat psigiaters, kliniese sielkundiges en ander terapeute insluit. Kliënte word ook, na aanleiding van die behoefte, as buitepasiënte en/of individueel gesien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Arbeidsterapie kan die volgende aan ’n bejaarde, volwasse of tiener-kliënt bied:
Kontak gerus www.otasa.co.za vir meer inligting.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.