Aquafaba-meringues deur Vickie de Beer
Wat is Aquafaba?
Aquafaba is die proteïenryke vloeistof wat verkry word nadat jy peulgroente soos bone en keker-ertjies lank gekook het. Nadat die bone gaar is, moet die water verder afgekook word tot dit so dik soos eierwitte is. Die water van geblikte peulgroente is ’n kortpadmanier om aquafaba te verkry.
Dié merkwaardige vloeistof reageer dieselfde as eierwitte as dit aanhoudend geklits word. Aanvanklik kan jy nie glo dat die vloeistof ooit stywepuntstadium sal bereik nie maar dit werk!
Aquafaba kan gebruik word om meringues, mayonnaise en selfs roomys en nougat te maak. Veral veganiste en mense met eierallergieë gebruik aquafaba.