kategorieë: In die nuusJou lewe

Apps wat enige vrou se lewe makliker maak

Apps wat enige vrou se lewe makliker maak. Foto: shapecharge/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Organiseer alles

Daar is baie apps beskikbaar wat jou kan help om jou lewe vlot te laat verloop – of jy nou ’n lysie-mens is of nie. Iets soos Wunderlist, GoogleKeep of Evernote help jou om lysies te maak (en te deel met ander mense!), jy kan sperdatums stel en herinnerings, en jy kan selfs lêers deel met jou konneksies op dié app – en dus slim vir werk en gebruik tuis. (Maak net seker van elke app se funksies, nie al hierdie apps is presies dieselfde nie).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inkopielysies is nou digitaal met apps soos rShoppingList en Keyring (wat jou ook toelaat om sekere lojaliteitskaarte op te laai) met iets soos Admyt kan jy vaarwel roep aan parkeerkaartjies (by winkelsentrums wat deel neem aan die Admyt-stelsel). Zulzi laat jou inkopies bestel en dit word dan by jou voordeur afgelaai – binne ’n uur.

Packing Pro kan jou handig te pas kom as jy gereeld reis – of gereeld jou tandeborsel vergeet. Jy kan ’n lysie saamstel en dan aftik wat jy als gepak het. Dit monitor wat jy reeds gepak het en herinner jou van belangrike items soos jou selfoonlaaier of tandeborsel. Jy kan selfs hierdie paklysies met ’n paar mense deel, en alarms stel om hulle te herinner om hulle tasse klaar te pak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Cozi is spesifiek ontwikkel vir gesinne en mense wat saam woon. Jy kan al jou lysies, resepte, kalender-inskrywings en selfs nota’s aan ander hierop laai en deel.

Lees ook: 15 vinnige maniere om jou huis uit te sorteer

Stoor jou klere reg

Motiveer jouself om te oefen

’n Mens het nie altyd motivering om te gaan oefen nie, en baie keer kan jy nie by ’n gimnasium uitkom of oefen voor dit donker is nie. Wel, daar is heelwat apps wat vir jou maklike oefeninge bied om tuis te doen, soos 7 Minutes Workout of die Johnson & Johnson 7 Minute Workout wat soos die name voorspel, vir jou oefeninge gee wat jy in 7 minute kan voltooi. Daar is ’n groot verskeidenheid apps wat jou help om nog oefeninge tuis te doen: Daily Ab Workout, wat jou bolyf oefen; Sworkit, wat jou ’n verskeidenheid oefeninge bied vir vyf tot sestig minute lank; Freeletics Bodyweight verskaf ’n HIIT-oefenprogram; Aaptiv bied oefenklasse waar jy ’n oudio-gids het; YogaWakeUp maak jou wakker in die oggende en laat jou sommer dadelik jou joga-strekke doen; Headspace leer jou mediteer en MyFitnessPal help jou om dagboek te hou van wat jy eet en om jou kaloriëe te tel – handig as jy gewig wil verloor.

Hardloop is niks lekker as jy onfiks is nie, maar Couch to 5K bied jou ’n oefen- én motiveringsprogram wat belowe om jou in 9 weke ’n 5 km te laat hardloop. Dan kan jy sommer begin soek waar jou naaste parkrun is! Die Nike+ Training App bied vir jou oefenprogramme wat jy stelselmatig moeiliker kan maak, jy kan dagboek hou van al jou oefeninge en jy kan dit selfs met ander mense deel.

Jou veiligheid

Die versekeringsmaatskappy 1st For Women het sopas ’n nuwe app bekendgestel genaamd Guardian Angel On Call. Hierdie app laat jou toe om veilig op die pad te bly deur verskeie funksies te bied om jou help as iets skeefloop. Afhangende van die versekeringspakket wat jy met hulle uitgeneem het, sal hierdie app jou help in ’n motor- of motorfietsongeluk.

Dit kan outomaties optel wanneer jy in ’n ongeluk beland het en dit kry jou presiese ligging, dit kan jou help om ’n ambulans te stuur as jy mediese aandag nodig het en dit stuur ook ’n gemagtigde insleepdiens om jou kar weg te neem indien jou motor beskadig is.

Verder sal hulle ook ’n “Guardian Angel” stuur om jou by te staan en om saam met jou te wag, sou jy onveilig voel, en hulle reël veilige vervoer vir jou om by jou bestemming uit te kom. Die app sal dan ook die versekeringseis-span in kennis stel indien jy eise wil aanbring. Hierdie app laat jou ook toe om hulp te kry indien jy ’n pap wiel of ander karprobleme kry.

Besoek gerus 1st For Women se webblad om meer uit te vind, of skakel 0861 00 34 40.

Gebruik jou geld slim

Baie van ons plaaslike banke het deesdae apps vir jou foon, en jy kan by baie plekke met SnapScan betaal, maar jy kan baie meer doen met jou finansies met all die apps wat beskikbaar is op die mark!

Splitwise help jou om maklik (en sonder moeite) uitgawes met vriende te deel – of dit nou is om te betaal vir middagete of ’n gesamentlike verjaardagpresent. Mint help jou om begrotings saam te stel, tred te hou met jou rekenings en om selfs jou krediet te volg. 22Seven is soortgelyk, plus jy kan jou inkomstes en uitgawes volg en SpendingTracker help jou om jou uitgawes te volg.

Lees ook: 3 webwerwe wat jou lewe makliker maak

Hou tred met jou menstruele siklus

Onlangs het daar verskeie apps op die mark verskyn wat jou help om jou menstruele siklus te volg en selfs te voorspel – veral lekker vir vroue met onreëlmatige menstruasie of iemand wat net spesifiek hul menstruasiepatrone probeer volg. ’n App soos Flo of Clue help jou verder ook om jou simptome te monitor (sodat jy langtermynpatrone kan begin raaksien) en dit help jou om sin te maak van jou hormone. Indien jy wil swanger raak, wys die app jou wanneer jy ovuleer en op jou vrugbaarste is, en indien jy swanger is bied dit ’n handige funksie om jou swangerskap te verstaan.

Sekere ander apps herinner jou selfs op ’n diskrete manier wanneer om jou Pil te drink, soos MyPill.

Onthou dat alhoewel apps jou help om jou menstruasie en mees (en minder) vrugbare dae te meet, beskerm dit jou nie teen swangerskap nie (en veral ook nie teen seksueel-oordraagbare siektes nie!), so gebruik altyd voorbehoedmiddels. Gesels met jou dokter of mediese praktisyn as jy onseker is oor die tipe voorbehoedmiddel wat jy moet gebruik.

Lees ook: Menstruasie 101

Lees ook: Wanneer seks seer is

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.