Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tertpan met ’n deursnee van 23cm met botter, of spuit met kleefwerende kossproei. 1 Meng die botter en die suiker goed. Voeg die eiers een vir een by. 2 Roer die meel, bakpoeier en knypie sout daarby. Skep die beslag in die tertpan en sit die appels op die beslag. 3 Bak vir sowat 12 min. Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak vir nog sowat 30 min. tot goudbruin bo-op.
Stroop 4 Sit die suiker, botter en melk in ’n klein kastrol. Roer oor matige hitte en bring tot kookpunt. Kook vir sowat 15 min. 5 Gooi die stroop oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. 6 Laat effens afkoel en sit voor.