Toe ek klein was, was dié appelpoeding gereeld ons Sondagmiddagpoeding. My ma het geblikte appels gebruik, maar ek verkies die smaak van vars appels wat lekker gekaramelliseer het.
15 ml (1 e) Selati Muscovado (of sagte bruinsuiker)
1 peer, geskil en in agstes gesny
1 appel, geskil en in agstes gesny
100 g (1 pakkie) gevlokte amandels
SOUS:
500 ml (2 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) asyn
2 stukkies kaneel
Instructions
Voorverhit die oond tot 200° C. Smeer ’n reghoekige oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 2 liter deeglik met botter of spuit dit met kleefwerende kossproei.
DEEG: Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies in, maar nie tot by die broodkrummelstadium nie. Daar moet stukkies botter sigbaar wees.
Voeg die yskoue water bietjie vir bietjie by die meelmengsel en meng dit met ’n metaallepel tot dit ’n deeg vorm. Wees versigtig om nie die deeg te oorwerk nie. Draai die deeg met kleefplastiek toe, druk effens plat en laat vir 30 min. in die yskas rus.
VULSEL: Smelt intussen die botter en suiker in ’n pan oor ’n hoë hitte en voeg die appels en pere by. Roer deurentyd sodat dit nie aan die pan vassit nie. Verlaag die hitte en voeg die amandels by. Die appels en pere moet sag wees en ’n goue kleur hê. Laat effens afkoel.
Berei intussen die SOUS: Verhit al die bestanddele in ’n kastrol oor ’n matige hitte tot die sous begin borrel. Haal die deeg uit die yskas en rol dit reghoekig (±35 cm x 20 cm) op ’n meelbestrooide werkvlak uit.
Skep die appel-en-peer-mengsel op die uitgerolde deeg en rol die deeg in die lengte op om ’n wors te vorm. Plaas die rol in die oondvaste bak met die naat aan die onderkant.
Giet die sous oor en bak vir ±30 min. tot goudbruin.