• 15 ml gelatien, opgelos in ’n halwe koppie kookwater
Bolaag
• 1 x 410 g-blikkie ingemaakte appelkoos-helftes
• 1 x 80 g-pakkie perskejellie
Instructions
Kors: 1 Meng die koekiekrummels en botter en druk in ’n gesmeerde 27 cm- tertbord. Hou in die yskas. Vulsel: 2 Roer die suurlemoensap in die kondensmelk, voeg die maaskaas by en vou die room by, meng goed. 3 Smelt die gelatien vir 30 sek. op die ontvriesstelling in die mikrogolf. 4 Roer die gesmelte gelatien by die roommengsel in en skep in die kors. 5 Laat stol vir sowat 1 uur in die yskas. Bolaag: 6 Maak intussen die jellie aan met 1 koppie kookwater en voeg die sap van die appelkose by. 7 Sodra die tert gestol het, pak die appelkose bo-op met die ronde kante na bo. 8 Skep van die jelliemengsel oor die appelkose - soveel as wat die tertbord kan neem. 9 Laat verder stol.