kategorieë: GebakKosNagereg

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

Tertdeeg

  • 375 g koekmeel
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 180 g botter
  • 150 g roomkaas
  • 60 ml (¼ k) yswater

Vulsel

  • 4 pere, middeldeur gesny en klokhuise uitgesny
  • 3 appels, middeldeur gesny en klokhuise uitgesny
  • 10 ml (1 t) kaneel
  • 60 ml (¼ k) suiker
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 30 g amandelmeel
  • 45 g botter
  • 45 g heuning
  • 1 eier, liggies geklits met ’n knypie sout

Karamelsous

  • 375 ml (1½ k) room
  • 250 ml (1 k) volroommelk
  • 225 g bruinsuiker
  • 100 g botter
  • 2,5 ml (½ t) sout

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.
  2. Meng die koekmeel, sout en botter in ’n voedselverwerker tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die roomkaas en yswater by en verwerk totdat dit ’n deeg vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 30 min. in die yskas.
  3. Rol die deeg sowat 6 mm dik in ’n 35 cm-sirkel uit. Tel die deeg versigtig op die voorbereide bakplaat. Sit in die yskas tot benodig.
  4. Sny die pere en appels in baie dun skywe, hou die appel- en peerskyfies teenmekaar. Meng die kaneel, suiker en sout in ’n klein mengbakkie.
  5. Strooi die helfte van die suikermengsel en al die amandelmeel oor die tertdeeg. Pak die gesnyde pere en appels langs mekaar op die tertdeeg met die snykante na onder. Behou ’n deegrand van 4-6 cm en vou dié deeg oor die appels en pere.
  6. Verhit die botter en heuning in ’n klein kastrol tot gesmelt. Smeer die mengsel oor die appels en pere en smeer die deeg met die eierglaseersel. Strooi die oorblywende suikermengsel oor.
  7. Bak die tert vir 45 min. of tot goudkleurig. Smeer die appels en pere nog een of twee keer met die heuningmengsel.
  8. Maak seker jy bak die tert deur sodat die kors nie sag en klam is nie – die deeg kan lekker donkergoud bak.

Maak intussen die toffiesous

9. Verhit die room, volroommelk, bruinsuiker, botter en sout in ’n kastrol oor matige hitte. Kook vir 30 min. of tot goudkleurig en verdik.
10. Sit die tert met die toffiesous voor.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.