1 Verhit die rabarber, appels, strooisuiker en sap tot kookpunt oor matige hitte. Prut vir 10-15 min. tot die appels sag is, maar nog hul vorm behou. BolaagAppel en rabarber krummelpoeding
Ingredients
Instructions
2 Verwyder die appels en rabarber en hou eenkant. Kook die sap vir nog 15 min. of tot dit effens begin verdik. Gooi weer oor die appels en rabarber.
3 Skep in 4 bakkies met ’n inhoudsmaat van 250 ml (1 k). Skep die bakkies drie kwart vol.
4 Meng al die bestanddele, behalwe die botter in ’n middelslag-mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel in sodat dit soos growwe broodkrummels lyk. Hou in die yskas tot benodig.
5 Skep die krummellaag op die vrugte en bak vir 25-30 min. of tot die bolaag goudkleurig is.