Gebruik interessante koekpannetjies vir die klein koekies
Genoeg vir 12 kolwyntjies
1 x hoeveelheid roomkaasversiersel
5 ml neutmuskaat
10 ml fyn kaneel
2 appels, in dun ringe gesny, gebruik ’n mandoliensnyer as jy een het
sap van 1 suurlemoen
1 Smeer albei kante van elke appelskyf met suurlemoensap en pak op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
2 Droog die appels.
3 Meng die speserye in die roomkaasversiersel in en smeer met ’n paletmes op die koekies.
4 Versier met ’n stapeltjie van die droë appelskywe.
Appel-en-gemmerkolwyntjies
1 Skil 4 middelslagappels en sny in kwarte. Kook die appelstukke in 100 g suiker en 100g botter in ’n pan oor lae hitte tot dit karamelliseer.
2 Laat afkoel en lig die appels uit, laat die meeste van die stroop afdrup.
3 Meng dit deur die beslag saam met 60 ml (¼ k) gemmer in stroop, fyn gekap.
Roomkaasversiersel
Lewer sowat 2 koppies. Probeer hierdie maklike resep as die botterversiersel te moeilik lyk:
250 g (250 ml) roomkaas
80 g versiersuiker
10 ml suurlemoensap
1 Klop die roomkaas tot glad. Sif die versiersuiker by en meng goed deur.
2 Voeg die suurlemoensap by en roer deur.