kategorieë: Ons menseBekendes

‘Anzél in die Boland’ is terug met ’n vierde seisoen

Die vierde seisoen van Anzél in die Boland skop op 5 Julie 2024 af, en kykers kan gereed maak vir die mees uiteenlopende seisoen nog. Anzél gaan sorg vir spesiale wyn, skilderagtige landskappe, avontuurlustige aktiwiteite – en hartroerende stories.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek is so bly om terug op die lug te wees. Ek het dit vreeslik gemis om die area se stories vas te vang en al die mooi plekke met ons kykers te deel. Ek moes weer gewoond raak aan al die kamera’s, maar ek het vinnig weer my ritme gevind,” vertel Anzél.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In dié seisoen maak Anzél onder meer ’n draai by Fuselage Wines waar sy ’n vliegtuig loods saam met die Protea-vlieënier Alewyn Burger. “Dit was rêrig ’n uitsonderlike geleentheid. Die kameraspan het hierdie spesiale ondervinding ongelooflik mooi vasgevang, en ons het sommer besluit om die seisoen met dié episode af te skop,” sê sy opgewonde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Anzél en die span maak ook ’n draai by Boschendal, die tweede oudste wynplaas in die Wynlande. Daar leer hulle bietjie meer oor herlewingsboerdery, en hulle bly oor by die nuwe toeriste-aantreklikheid Camp Canoe.

Kykers kan ook uitsien na ’n kuiertjie op Doolhof buite Wellington. Anzél vlieg met ’n helikopter na dié pragtige wynlandgoed, net onder die Bainskloof-pas, waar hulle heerlike wyne proe, lekker kos geniet en elektriese fietse ry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wat ’n ongelooflike ervaring! Ons het ook met Karen Zoid gekuier,” sê Anzél.  “Haar wyn ‘Sy Raas’ word op Doolhoof gemaak, en ons het gesels oor dinge waaroor sy nog nie voorheen op TV gepraat het nie: haar professoraat, die verlies van haar ma en hoe om ’n goeie ouer te wees. Beslis ’n kant van haar wat mens nie aldag sien nie.”

Anzél besoek ook plekke soos Groote Post langs die Weskus, Benguela Cove buite Hermanus, Meerlust buite Stellenbosch en GlenWood Vineyards in Franschhoek.

“Die vierde seisoen van Anzél in die Boland is sonder twyfel die mees diverse seisoen nog. Nadat ek swanger was, het ek besef die Boland het baie om te bied buiten wyn. Ek wil ook hierdie verskillende trekpleisters met die kykers deel.”

Anzél in die Boland word geborg deur Paarl Valleij Lifestyle Estate & Farm.

Anzél in die Boland begin op 5 Julie 2024 om 18:30 net op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Sestiende oes van ‘Boer soek ’n vrou’ op pad

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

2 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

2 days Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

2 days Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede