kategorieë: Bekendes

Antonio Banderas smeul in Suid-Afrika

Op 57 is die donkerkop man steeds smeulend, maar ook gemaklik en staan hy met sy voete stewig op die aarde! Hy herken selfs Afrikaans as hy dit hoor omdat sy meisie, Nicole Kemton, Nederlands is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“’n Mens dink na oor dit wat belangrik is; familie, vriende en die liefde wat ek het vir dit wat ek doen – toneelspel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is Antonio se eerste besoek aan Suid-Afrika, maar omdat dit ’n bemarkingstoer vir sy parfuum is, sien hy meestal net die binnekant van ’n hotel. “Wat ek tot dusvêr gesien het, is baie vriendlike, glimlaggende gesigte. Môre spandeer ek tyd saam met Nkosi Haven (’n nie-regeringsorganisasie wat ma’s en kinders wie se lewens deur HIV/VIGS geraak word, ondersteun.) Dan sal ek meer van die ‘regte’ dele sien, vertel Antonio. Eerskomende Donderdagaand (21 September 2017) word sy Women in Gold-foto-uitstalling ook opgeveil ten bate van Nkosi Haven. Met die foto’s het hy sy visie van vroulikheid verbeeld.

“Gewoonlik keer ek terug om vakansie te hou as ek in ’n land was en nie veel daarvan gesien het nie. Ek was op ’n soortgelyke reis na Peru en het later saam met my dogter teruggekeer om die Inka-staproete na Machu Picchu te doen. Ek hoor Kaapstad is ook baie mooi en sal graag in die somer wil terugkom.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Antonio het darem kans gekry om van ons lekker wyne te geniet. Hy het self ’n wingerd van 250 hektaar in ’n wyn-area in Spanje besit, maar het afgeskaal na slegs vier hektaar. Hy maak so 8 000 bottels wat hy as geskenke vir vriende gee. “Ek gaan binnekort ook klerewinkels oopmaak en sal dalk van die bottels vir mense gee wat bo ’n sekere bedrag spandeer.”

Van wynmaak, tot mode-ontwerp, parfuum en toneelspel, Antonio Banderas is ’n energieke man. “Ek dink dit is omdat ek Andulisiaans (Andalusian, die historiese deel aan die suidkus van Spanje) is. Die enigste ding waarvan ons kan seker wees in die lewe, is die dood. Ten spyte hiervan is ons baie gelukkige mense, maar juis omdat ons bewus is daarvan dat die dood om die draai is.”

Kyk hier na die video-onderhoud:

Antonio het aan die begin van die jaar ’n hartaanval gehad, wat hom beslis meer weerloos laat voel het. “Dit het gebeur omdat ek vir baie jare ’n roker was. Ek het opgehou! Oor drie jaar is ek 60 en vir baie jare het ek geleef of ek 25 jaar oud is. “’n Mens dink ook na oor wat belangrik is; familie, vriende en die liefde wat ek het vir dit wat ek doen – toneelspel. In my professionele loopbaan leef ek vir die oomblike tussen “aksie en sny” of van wanneer die gordyn oop- en toegaan. Die res is alles net ’n gevolg hiervan.

Van sy vriende wat in die 1970’s saam met hom begin het om toneel te speel in Malaga, Spanje het hom aangemoedig om parfuum te ontwikkel. Baie van hulle het professionele loopbane gevolg en al het hulle vir 10 jaar kontak verloor toe hy in LA toe was, is hulle steeds baie goeie vriende. Van hulle is selfs saam met hom in Suid-Afrika en ook nou hier by die hotel.

Antonio saam met ons skoonheidsredakteur, Suzanne Kotzé

Dit het ’n paar jaar geneem vir die parfuumbesigheid om af te skop, maar vanjaar vier hulle reeds 21 jaar van Antonio Banderas-parfuum. Hy besing omtrent die lof van die mode- en parfuumbesigheid PUIG (onder wie die parfuum van onder meer Carolina Herrerera en Jean Paul Gaultier ook val). Die parfumiers is wonderlik en ek laat dit aan hulle oor om my in ’n bottel vas te vang. Ek praat met hulle, en hulle sien hoe ek oor die jare verander en so maak hulle ook nuwe parfuum. Toe ek besluit het om deel te word van PUIG, het die parfumiers vir my ’n tassie gegee met ’n klomp bestanddele waaraan ek moes ruik. Hulle het vir my gesê hiermee gaan jy ’n ongelooflike ervaring hê. Ek het geruik en alhoewel ek die reuk geken het, kon ek nie sê wat dit was nie, want dit was nie ’n spesifieke bestanddeel nie. Die naam onder die botteljies was Sunday morning. Dat iemand Sondagoggend in ’n botteljie kon vasvang, is ongelooflik! Linne in ’n ou, negentiende eeuse houtkas was nog ’n reuk. Parfuum is werklik wetenskap en ’n kuns!”

Antonio vind dat, soos wat hy ouer word, hy van verskillende note en geure hou. Leer en tabak bly egter van sy gunstelingnote in parfuum.

Leer is ook een van die teksture wat hy graag in sy ontwerpe gebruik. Mode-ontwerp is nog een van sy liefdes en hy het ’n paar jaar terug by die bekende modeskool, Central Saint Martin in Londen, studeer. Groot name soos Alexander McQueen en Stella McCartney het onder meer ook hier studeer. “Dit was ’n wonderlike ervaring,” vertel hy. Sy T-hemp, jeans en horlosie het hy alles self ontwerp, vertel hy trots.

Het jy geweet? Antonio Banderas is goed geanker. Goeie skoene wat ondersteuning bied, selfs om die enkels, is vir hom baie belangrik. As hy wankelrige skoene aanhet, kan hy nie toneelspeel nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.