kategorieë: Ons menseBekendes

Antoinette Kellerman te sien as Ouma Olive in hartroerende Moedersdagfliek

Deel van die sterbelaaide rolverdeling is Antoinette Kellerman as Ouma Olive en Ludwig Binge as haar seun, Markus. Chris van Niekerk, June van Merch, Abduragman Adams, Pierre van Pletzen, Tinarie van Wyk Loots, Veronique Jephtas, Susanne Beyers en Roeline Daneel is ook in die rolverdeling te sien, met Bravo!-aanbieder Ewan Strydom wat ’n kamee-rol as homself het. Die regisseur is Nina Swart. Ouma Olive die ongelooflike is in en om Kaapstad verfilm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Olive Brits is moeg. Ongedurig. ’n Weduwee van amper tagtig wat haar bes doen om nie met die res van die mense in die deftige aftree-oord te meng nie. Sy het twee kinders, ’n dogter en ’n seun, maar die dogter kies Moedersdag om vir haar te kom sê sy en haar gesin, en Olive se enigste kleinkind, trek Kanada toe. En die seun? Wel, die twee van hulle vermy mekaar sover hulle kan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar die lewe het ’n vreemde manier om wonde te heel – selfs al is dit om mense met komedie agter ’n mikrofoon te vermaak. Wanneer Markus gemeenskapsdiens by sy ma se aftree-oord doen, vind hy uit sy het ’n verskuilde talent: gee haar ’n whiskey of twee en ’n mikrofoon en sy laat mense skater.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Markus, ’n akteur met ’n ego-probleem, oortuig sy agent, Lindsay (Veronique Jephtas) om sy ma se loopbaan te bevorder en voor Olive nog kan kibbel, is sy op die verhoog met ’n mikrofoon in die hand. Maar haar grootste optrede lê nog voor wanneer sy na ’n glansgeleentheid genooi word. Gaan die mense dink sy is snaaks? Belangriker nog: Gaan haar brose hart dit hou en gaan die een ding wat sy op hoop – vergifnis van haar seun vir ’n fout wat sy jare gelede gemaak het – ’n werklikheid word?

“Dit was ’n kombinasie van dinge wat die draaiboek geïnsprireer het, maar die dokumentêr Come Inside My Mind het die bal aan die rol gekry,” sê Ludwig wat nie net die rol van Markus speel nie, maar ook die draaiboek geskryf het. “Ek is mal oor die ontslape akteur Robin Williams en het met sy werk groot geword. Die dokumentêr is egter oor sy lewe wat bewys die stereotipe rondom komediante en depressie bestaan vir ’n rede. Robin was baie intens en sensitief, maar toneelspel en stand-up was vir hom maklik. Hy was iemand wat komedie gebruik het om te cope met die lewe.”

Ludwig en die uitvoerende vervaardiger van Ouma Olive die ongelooflike, Jaco Notnagel, moes met ’n voorlegging kom vir ’n Moedersdag-rolprent en Ludwig het besef sy idee kan werk.

“’n Ma wat rou oor ’n verlies en komedie ontdek as uitlaatklep vir haar verdriet en frustrasie,” sê hy. “Ek kon onder haar vel inklim omdat ek self my pa ’n paar jaar gelede verloor het en self besig was om te rou. Om die Moedersdag-tema deur te trek, het ons besluit om haar bestuurder haar vervreemde seun te maak. Hy word noodgedwonge haar toergids en leermeester, maar is ook die persoon met wie sy dinge moet regmaak. Uiteindelik is dit ’n liefdesverhaal tussen ma en seun wat deur middel van humor mekaar herontdek.”

  • Ouma Olive die ongelooflike word Saterdag 13 Mei 20:00 op kykNET uitgesaai en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: WEN ‘n NUXE Huile Prodigieuse Florale-stel vir jou en jou ma!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

11 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

40 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.