Ansu Visser se blog: vir die liefde van herfs

Deur Ansu Visser. Foto’s: Edwin van der Walt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

DEMMIT, EK VOEL LEKKER!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie outfit gee vir my die ek-gee-nie-om-nie-gevoel. Ek wil net in ’n lae kar klim, stadig rondry terwyl ek deur my stuurwiel loer om die pad te sien, ’n grill koop en die heeltyd vloek. Ek gaan nie. Maar ek voel asof ek mag in hierdie uitrusting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het daaraan gedink om die bloginskrywing ná hierdie paar sinne te stop, want dit verduidelik alles. Maar hierdie romp en die hele shabam maak my net té opgewonde oor herfsmodes en thrifty finds en dis moeilik om nie aan en aan en aan te gaan oor hierdie uitrusting nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Herfsmode is baie soos die seisoen: Jy weet nie rêrig dis hier nie, totdat jy na jou kalender kyk en besef: O, dis April, dis herfs. Maar dit is selfs nie wanneer ek dit besef nie. Ek besef dit gewoonlik eers wanneer dit my heeltemal verbygegaan het en my in die bitterkoue kloue van die winter los.

Soos inkopies vir my kruideniersware het ek ook gewoonlik seasonal shopping: meestal net vir winter en somer, want vir herfs en lente word jou mode maar ’n mengsel tussen die winter- en somerinkopies.

Om dit makliker te verduidelik sien ek die seisoene as volg: somer en winter is soos die swart en wit gebiede: rigied en vol reëls. Herfs en lente is die grys gebiede: niemand weet presies wat daar aangaan nie, maar hey, dis ’n partytjie en almal is uitgenooi.

Daarom het ek nooit daaraan gedink om net inkopies vir my herfskas te doen nie, want ek gooi ’n paar winter- en someritems bymekaar om een of ander iets te dra in die weer wat nie weet wat dit wil wees nie. Maar vir hierdie inskrywing het ek ’n punt daarvan gemaak om aan ’n uitrusting te dink wat net vir herfsmode sal werk.

Jy sou dink dat ek misluk het omdat jy hierdie uitrusting in die somer kan dra (los die jas) of winter (vat die jas en sit sykouse by). Maar deur iets te los of by te sit, neem jy weg van die outfit se coolness. Daarom is hierdie outfit in geheel iets wat jy net in die herfs kan dra!

Jippie! Sukses! Ek is mal oor die grys gebied!

Hierdie romp het ek gekry by dieselfde thrift-affêre waar ek laas week se somerrokkie gekoop het. Ek wens dit het ’n naam gehad maar dit was nie ’n branded vintage-winkel nie, net ’n lekker thrift markie by ’n gin bar in Linden, genaamd Tonic. Ek sou jou aanraai om hulle te volg op facebook en Instagram (@tonic.joburg) om enige FOMO te voorkom.

Ek het geweet hierdie romp is ’n moet-hê toe twee ander vroue gewag het dat ek die romp neersit sodat hulle dit kan vat … Daar was ’n oomblik toe ek die bedrag in my bankrekening en die hoeveelheid kos in my yskas en die aantal dae in die maand bereken het. Dit het my laat dink dat ek dit miskien nie moet koop nie. Maar om te sien hoe dit lyk aan die ander vroue (ja, ek erken dit, ek het toegelaat dat hulle dit aanpas: Ek het eers later besef dit is soos om vir iemand ’n happie van die heel beste sjokolade te gee en dan vir hulle te sê hulle gaan dit nooit kry nie) het my oorreed om my ogies toe te sluit en my beursie oop te knyp.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.