Foto: Mila Guy
Foto’s: Mila Guy
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daar is hierdie nuwe trend om tweedehandse klere te koop en te dra. Dit gee jou outomaties die idee van oorspronklikheid en individualiteit wat ons meestal in die kommersiële kleremark mis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek het nooit tweedehandse klere gekoop omdat dit ’n trend is nie. Ek het dit gedoen met die idee dat dit byvoorbeeld ’n toppie is, ek daarvan hou en dit wil hê, maak nie saak waar dit vandaan kom nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Om tweedehandse klere te koop neem my terug na die swart sak vol weggooiklere wat vir my gewag het wanneer ek by die huis sou kom. Die enigste verskil is, hierdie keer betaal ek vir tweedehandse klere waar ek dit voorheen verniet gekry het (een klein negatiewe aspek). Maar met weggooiklere hou ek miskien van een ding, terwyl ek met tweedehandse klere presies weet wat ek koop en daar is ’n 100% kans dat ek daarvan sal hou.
Maar wag, voor ek te diep raak (so diep dat ek myself oorreed om nooit weer tweedehandse klere te koop nie of voordat jy begin dink hierdie is my anti-thrift-veldtog). Ek is mal oor tweedehandse klere: om dit te soek en uiteindelik iets te vind wat niemand anders het nie. Ek neem aan dit is ook hoekom mens daarvoor betaal? Dit wat 20 jaar gelede in die mode was, is terug en jy kry dit nêrens anders nie!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hierdie lieflike dungaree (of soos google translate sê, “stof grof”) is ’n goeie voorbeeld van hoekom ek geld op tweedehandse klere spandeer.
Ek het dit nog nooit in enige winkel gesien nie en daarom het ek geen vrees dat ek iemand gaan raakloop wat dit ook aanhet nie (nota: ons moet oor die verleentheid van hierdie oomblikke kom …) en dit was glad nie duur nie. Ongewoon, want unieke goed is geneig om te duur te wees.
Die ander lekker ding van tweedehandse klere is dat dit gewoonlik uit winkels kom wat geheime juwele is. Ek het dié lieflikheid gevind by die tweedehandse winkel @assebliefvintage by die Neighbourgoods Market in Braamfontein.
So, al is dit 100% goedkoper om jou tweeedehandse shopping by ’n gratis swart sak te hou, is dit eenvoudig ’n moet om ook uit te haal en te wys.
Jy kan nou self sien, tweedehandse klere is ’n moet. Nou dat ek vir jou plekke gewys het waar om te gaan kyk, vind en koop, kan jy sommer vandag al begin shop.
As jy ooit ’n plekkie in Johannesburg soek wat intiem, lekker en pret is én gin verkoop (nie net met tonic nie) besoek TONIC in Linden. Hulle het “good vibes” heeldag, elke dag.
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.