Ansu Visser se blog: Hoe kry ek my tekkies wit?

Blog deur Ansu Visser vir Cut the Mustard. Foto’s Edwin van der Walt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het ’n liefde vir sneakers. En ’n groter liefde vir wit sneakers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit maak die gewone jean look klassiek, ’n alledaagse uitrusting word sjiek en die elke-dag-keuse is gemaklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om jou wit sneakers wit te hou is baie belangrik want as dit vuil is, verloor dit die sjiek en klassieke gevoel.

Baie mense het my al gevra hoe ek my wit sneakers wit hou, of ek het al baie gehoor hoe ander mense dieselfde vraag gevra word, so toe het ek besluit dit is hoog tyd dat almal weet hoe dit gedoen word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is drie maniere hoe jy jou tekkies kan was. Die proses van elkeen verskil, maar die resultate is min of meer dieselfde.

1 Was dit in die wasmasjien

Ek gebruik hierdie manier selde, want my ma is baie lief vir haar wasmasjien en is bang dit mag dalk breek. Hierdie manier is vinniger en verg minder harde werk, maar dit sit ’n bietjie “elbow-grease” in vir ’n skoner tekkie.

2 Was dit met die hand

Jy kort: handwasseep, koeksoda, Handy Andy, toiletpapier en spiere!

Ek gebruik hierdie metode elke keer want dit werk.

Stap 1:

Skrop (en ek bedoel SKROP) jou tekkies met handwasseep in koue water. Jy gaan na die tyd ’n nuwe sponsie moet kry, maar jou gimsessie vir die dag sal nie meer nodig wees nie.

As ek meer tyd het, laat lê ek die tekkies gewoonlik vir ’n halwe dag in die koue water en handwasseep.

Stap 2:

Spoel jou tekkies deeglik af met koue water.

Stap 3:

Sit ’n bietjie Handy Andy in die palm van jou hand saam met jou veters en was jou hande soos jy sou as jy nie veters tussen hulle gehad het nie.

Stap 4:

Vat ’n lepel koeksoda en gooi dit op die punt van jou skoen. Vryf dit met jou hand op die skoen se oppervlak in en doen dan dieselfde met elke kant van die skoen.

Hierdie stap help om die tekkie wit te kry, so moenie skaam wees nie. Vergeet die reël van “less is more”. By hierdie stap is meer, meer.

Stap 5:

Sonder om die koeksoda af te spoel, draai jou tekkies toe met toiletpapier. Die toiletpapier plak makliker vas aan ’n skoen wat nat is. Sit dit in die son totdat dit droog is. Of vir langer.

Die toiletpapier trek die vuil uit die skoen, of die geel wat jy gewoonlik kry wanneer jy net die skoen was en laat droog word. Dit maak nie noodwendig jou skoen skoon nie, maar dit maak dit wit. Toiletpapier is duur, ek weet, so jy kan ook mieliemeel gebruik. Strooi dit oor jou skoen en sit dit dan in die son.

Verwyder die toilepapier (of skrop die mieliemeel af) en gebruik ’n borsel of ou tandeborsel om die koeksoda af te skrop. En TADA! As jy jou skoen nog meer wit wil hê, maak jou skoen weer nat en herhaal stap 4 en 5.

3 Koop nuwes

Ek hou van die nuwe Superga Sport-reeks. Dit is nie net gemaklik, klassiek en sjiek nie, maar die materiaal absorbeer nie die vuilheid nie. Dus bly dit langer wit. As dit wel vuil word: vat ’n nat lappie en vee af.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.