Ansu Visser se blog: Herwinbare styl-items

Deur Ansu Visser.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hiermee stel ek bekend die nuwe herwinbare styl-item vir die volgende ruk se koue weer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Applous!*

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het besef ek sal werklik my klere moet slim herwin toe ek agterkom dat ek, helaas, ook ’n begroting het en toe ek besef het kos is oor die algemeen belangriker as nuwe klere. Maar ek wou nie daardie “nuwe-outfit-dans-in-jou-kamer”-gevoel prysgee nie. Toe besluit ek om ’n bietjie kreatief te raak, my kasdeure oop te swaai en te kyk na die kledingstukke met potensiaal om meer te wees as wat dit lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is my eerste alle-seisoen-herwinbare-stylitem. Hierdie oulike nommertjie is nommertjie twee in my uitrusting-herwinningspoging.

Hierdie rokkie is van Zara – wanneer ek dink aan die winkel en hoeveel ek vir dié nommertjie betaal het, kan ek net glimlag en  weer eens glo dat wonderwerke wel gebeur. Die storie kortom: Ek en ’n vriend het in Zara ingestap met die plan om ’n hemp vir die vriend te koop. Hy was besig by die kasregister en ek was besig om te droom oor eendag-Ansu wat in die sonneblomveld wat Zara is te huppel (in slow motion, natuurlik) en alles koop wat haar hart begeer toe my oë op Die Een rus. Ek en my vriend het na mekaar gekyk en geweet: hierdie is een wat ek nie kan laat verbygaan nie. Ek het die rokkie in my grootte gevind en soos in ’n droom aantrekhokkie toe gesweef. Julle weet reeds hoe sukkel ek om besluite te neem wanneer ek klere aanpas, maar ek kon netsowel nie eens hierdie aangepas het nie, want hierdie rok het skaars aan my lyf gehang toe weet ek ek kan nie daarsonder nie.

Ons het onsself weer voor die toonbank bevind – en summier die nuwe hemp vir die rok omgeruil. Dit was albei min of meer dieselfde  prys en my vriend kon sonder die hemp leef – en ek nie sonder die rokkie nie.

Die materiaal is sag, dit lyk net te oulik en dit is pure genot om te dra.

Die uitrusting kan in die somer, winter of herfs gedra word – afhangende van wat jy daarby voeg. Vir die winter: Sit ’n paar sykouse by en ’n baadjie en jy het vir jouself nog ’n warm winter-outfit.

My hart het muisneste oor die rokkie. Ek hoop jy is net so verlief soos ek, en dat dit ’n paar idees in jou laat opvlam oor ’n klompie herwinbare items in jou klerekas.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: blogsfashion

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

30 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

59 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.