Ansu Visser se blog: Hoekom ek ’n somerrokkie in die herfs koop

Deur Ansu Visser. Foto’s: Edwin van der Walt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waarheen gaan die jaar?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons is al in die middel van die herfs en dit beteken ons het nog net ’n paar warm en sonnige dae oor. Ons moet ons velle nou met soveel van die son voed deur soveel van ons velletjies te wys. Wees ’n bietjie waaghalsig, toe: los ’n ekstra ietsie by die huis en vat jou vel uit vir ’n sonstappie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer die son ons bederf met ’n ekstra bietjie skyn, moet jy jou lyf bederf in ’n lekker somerrokkie. Die winter gaan immers nog lank raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie lieflike bederf van ’n somerrokkie het ek onlangs by ’n thrift-affêre in Johannesburg gekoop. Ek’t met ’n begroting gegaan, maar hierdie nommertjie het my gou laat vergeet van daardie een bedrag wat bestee mag word. Maar moenie bekommerd wees nie, two-minute noodles smaak lieflik in hierdie somerbederfie, ek belowe jou.

Ek het myself herhaaldelik herinner aan die volgende terwyl ’n klein stemmetjie my probeer oortuig het om die rok eerder neer te sit:

  1. Ek kort meer somerrokkies en die hele somer lank sukkel ek al om iets soos dié te kry.
  2. Die feit dat dit ’n thrift-find is, maak die rokkie iets wat ‘n mens nie elke dag sien nie.

En net so, met hierdie twee redes, word hierdie kopie ’n MOET.

’n Bietjie advies vir die Budget-Barbaras: Wanneer jy iets kry wat jy al gesien het (op Pinterest of aan iemand anders) maar nog nooit in ’n winkel kon kry nie, gryp jy daai pragtige stukkie geluk met albei hande aan as jy dit elders vind. Koop dit, maak nie saak wat jy moet eet om dit te bekostig nie. En jy worry nog minder oor watter seisoen dit is.

Die aarde draai, winter gaan kom en gaan en die somerson sal weer warm brand.

So spaar ietsie vir jou toekoms en koop die somerrokkie in die herfs. Jy gaan dit weer dra.

Hierdie rokkie kan jy dra saam met plakkies, pumps, of ’n sagte hakkie. Ek het my Superga platforms gekies om dit net daardie ekstra bietjie oemf te gee. Nes ek daarvan hou.

cheers op die laaste bietjie son(dae) met jou somerrokkie!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.