Ansu Visser se blog: My “go-to” uitrusting vir die langpad

Ek het ’n “go-to” vir omtrent elke situasie in my lewe. My liefde vir lysies het ek al openlik op my blog gedeel en dus kan hierdie “go-to”-lysie geen verrassing wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar van my “go-to’s”:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. GO-TO-liedjie waarna ek luister as my hart gebreek is: Taylor Swift se hele Speak Now-album (ja, al die liedjies. Gelukkige liedjies kan ek baie gou in tranetrekkers verander).
  2. GO-TO-reeks wanneer ek emosioneel is: Grey’s Anatomy.
  3. GO-TO-drankie vir ’n partytjie: Tequila!
  4. GO-TO-rok vir ’n semi-formele geleentheid: my “pienk-pilletjie-lekkertjies”-T-hemp-rok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy dink dat ek rondloop met ’n stukkie papier met al my go-to’s op, en die lysie langer maak soos ek deur die lewe gaan, is jy verkeerd.

Meestal maar net omdat ek daardie stukkie papier al lankal sou verloor het. Ek dink almal het ’n go-to-lysie, hulle weet net nie dat hulle lysie wel bestaan nie. Nog nie …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dink aan ’n situasie, soos die proses nadat jy met jou groot liefde opgebreek het. Dan vra jy jou af: Wat sal vir jou vertroosting bring? Die antwoord is jou antwoord op jou go-to-lysie.

Met die langnaweke wat verby is en die vakansie wat weer amper om die draai is, is ’n lekker road-trip, fliekaand of sonskyndagpiekniek in die parkie iets wat saam met die vakansie kom. Met dit in gedagte, is my go-to natuurlik hierdie lieflike dungaree. (Ons het al bepaal dat google translate dit ’n “stof grof” noem in Afrikaans en die woordeboek noem dit ’n “skouerbroek”… so vir jou en my saligheid gaan ek dit net ’n “dungaree” noem.)

’n Dungaree, soos dié een, of enige ander tipe dungie, soos ek dit liefdevol noem, is meestal my go-to-antwoord op die meeste uitrusting-spesifieke vrae. En hier is die redes hoekom ek heeltemal versot en verlief is daarop.

Dis gemaklik, in albei betekenisse van die woord, en dis deksels oulik. Hoekom?

  1. Gemaklik (in die dress code-betekenis van die woord): Asseblief, die woord beskryf homself. Vir die langpad gaan jy in ’n kar moet sit. Die aircon kan dalk stukkend wees, jy is deel van ’n familie van vyf, of ’n vriendekring van daai getal en almal moet in Pieter se Citi Golf ry om petrol te spaar. Die rit kan dalk ongemaklik wees, maar jy hoef nie te wees nie.
  2. Gemaklik (in die houding-betekenis van die woord): jy gaan in ’n kar sit, vir ’n tydjie. Jy wil met gemoedsrus jou voete op die sitpek kan neersit, inkruip en wegraak sonder om bekommerd te wees dat jy iemand ietsie wys wat hulle, en jy, nie wil hê hulle moet sien nie. Of oor jou skinny denim wat werklik skinny is en jy begin bekommerd raak oor die snaakse gevoel wat jy in jou bene kry.
  3. Dis deksels oulik en oulik moet jy lyk. Jy weet nie waar jy orals gaan uitklim nie! Verder het ’n mens ook nie baie redes nodig oor hoekom jy wil oulik lyk nie. Ek meen, roadtrip saam jou boyfriend, roadtrip saam jou vriend waar jy hoop die roadtrip vat julle nie net uit Johannesburg uit nie maar ook uit die friend zone uit, of ’n roadtrip waar jy alleen soontoe gaan maar definitief nie alleen terug nie, is meer as genoeg redes om oulik te wil lyk. En dié dungie vat dit van oulik na deksels oulik!

So kry vir jou ’n dungaree! Jy gaan nie spyt wees nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.