Moontlik die mooiste glimlag op Suid-Afrikaanse TV behoort aan Ansu Visser (25). Dié aktrise en aanbieder het reeds in ’n rits films en programme verskyn. Sy is ook aanbieder op die gewilde regstreekse musiekprogram, ChatNOU! op kykNET. Ons het met haar gesels oor haar loopbaan, haar toekomsplanne en ons het ook uitgevind hoe dit op die stel was van haar mees onlangse film, Wonderlus, wat die Silwerskermfees 2017 se toekennings vir beste ondersteunende akteur, beste aktrise en beste draaiboek verower het. Dié film verskyn in teaters op 30 Maart 2018.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die fliek speel af tydens die dag van en die dag na ’n beautiful troue wat nie 100% soos die tradisionele trouprogram verloop nie. Dit delf in die verskillende verhoudings tussen vriende in ’n vriendekring en die dynamic van elkeen van hierdie verhoudings. Dit handel ook oor elkeen se verwagtinge van die troue maar dan ook die werklikheid teenoor dit wat elkeen verwag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dit gaan oor die liefde in sy eenvoudigste, complicated vorm.
Kyk hier na die lokprent van Wonderlus:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Elsa, as ek haar vinnig moet beskryf, is vir my die “jongste” in die vriendekring. Wanneer ek sê “jonk” verwys ek nie net na haar ouderdom nie, maar meestal na haar uitkyk op die lewe en die liefde, asook haar persoonlikheid. “Die lewe is kort” en “’n Mens is net een keer jonk” is die tipe slogans wat sy op haar muur sal hê. Sy’s meer ernstig oor YOLO (you only live once) en FOMO (fear of missing out), as haar 5-jaar plan. Al is sy só naïef, verlief op die idee van liefde, en al probeer sy dat niks ernstigs ooit aan haar raak nie, is sy eintlik ’n ernstige dromer wat net té bang is om seer te kry en teleurgestel te word.
Ja, definitief, maar net op ’n ander tyd in my lewe. Elsa is Ansu op 22. Nou is ek nie meer só erg nie, maar ek was gelukkig nie té lank gelede 22 nie, so ek kon nog maklik onthou hoe ek na die lewe gekyk het, wat ek wou hê en wat die liefde vir my beteken het. Elsa se naïwiteit, haar “fun” persoonlikheid en hoe niks té ernstig is vir haar nie is ooreenkomste wat ons deel. Haar rondvrygier isook iets wat ou-Ansu met haar deel, maar hoe sy die liefde sien as pret en avontuur, deel ek nou eerder met haar.
Sjoewee! Elsa is net ’n lekker, fun, meisie.
Ek het altyd ’n idee gehad van hoe my lewe gaan loop tot op 25. Toe ek 22 word, tref dit my dat my lewe nie noodwendig gaan lyk soos wat ek beplan het nie. Om vir só lank te glo dat iets gaan wees soos wat jy jou verbeel en dan met groot skok en hartbreek agter te kom dat dit nie die waarheid is nie, maak ’n mens bang, deurmekaar en jy voel só alleen. Erger, niemand praat daaroor nie. Totdat jy moed kry en dan eendag jou grootste besef met jou bestie deel en sy jou beter laat voel met ’n groot uitroep van: “Ek ook!” En dis eers dan dat dit makliker word om daardeur te werk.
Dit is belangrik om daaroor te praat want niemand praat daaroor nie, terwyl ons moet, want dit speel so ’n groot rol in jou idee van wie jy is en ook jou identiteit wat jy dan – of dit is hoe dit voel – vir die eerste keer ontdek en dan waarlik meer en meer jouself begin word.
Sjoe – dis nogal ’n ingewikkelde setup om die vriendskap tussen 8 mense te verduidelik!
Ek en Mila Guy, wat een van die hoofrolle vertolk, is besties. Ons het saam geswot op Tuks en na Universiteit het ons vriendskap natuurlik net nader en nader geword. Totdat ons eendag besef het, dit maak eintlik nie meer saak met wie ons trou nie, want ons het ons “ander helftes” reeds gevind. Mila het al vroeg begin wei in die industrie-crowds en het saam met Edwin van der Walt in Ballade gespeel en saam met Beer Adriaanse in Hotel. Oor die vriendskap tussen Simoné Nortman en Mila is ek nie presies seker hoe dit begin het nie, maar hulle is nou flatties. Op ’n drie-vroue-avontuur ná die Silwerskermfees verlede jaar (2016) het ek en Simoné meer connect en so het ons maatjies geraak. En vir die res? Ek’s maaitjies met Mila, so toe was die introductions makliker en die vriendskappe eintlik maar vanselfsprekend.
Elkeen het sy eie connection gehad in groepies voor die shoot. Almal is cool, gemaklike mense met min of meer dieselfde houding en mentaliteit teenoor die lewe dat dit tussen read throughs, ’n weg-filmshoot in Heidelberg waar cast braai’s gehou word, en die opstel en behind the scenes-gesprekke meer gaan as net “wat jou ma-hulle doen,” weird sou wees as almal nie as vriende weggestap het nie.
Daar was ’n paar moeilike dae op stel, meestal net omdat ek nog nooit mooi verstaan het hoekom somer-movies in die winter geskiet moet word nie … Ook, ’n week van night shoots is uiters spesiaal, maar wanneer daai night shoots scenes inhou wat ’n totale fees van ’n partytjie is dan kan mens nie anders as om saam met jou “fake regte” vriende tyd te geniet nie.
Dan ook om op ’n koue Vrydagaand in Heidelberg in ’n dam te spring is nogal ’n challenge, maar ons was darem ’n groep wat dit saam moes doen en ander mede-spelers was daar vir sielkundige ondersteuning.
Omdat die fliek so ’n group effort is, weet ’n mens min of meer wat van mekaar verwag word in sekere scenes, so dit was maklik om dan cheerleader te speel vir die wie se harte breek of wat self net in ’n vulnerable posisie geplaas gaan word.
Uit en uit is group effort maar ’n mooi ding.
(Sy lag). Dis soort van ’n back story wat ek en die regisseur, Johan Cronjé, kon inkleur. Dit word nooit heeltemal verduidelik in die movie nie, maar Elsa is ín die koor (o, ja, nog ’n ooreenkoms tussen Elsa en Ansu: haar flirt skills is nogal weird). En om vir haar love interest haar eie koormusiek te speel – waarop sy natuurlik baie trots is; so trots sy kom nie agter dis weird nie – was vir haar ’n goeie idee om die mood aan te help.
Die belangrikste eienskap van ’n aanbieder vir my is om een honderd persent gemaklik te wees met jouself. My “slegste” shows is wanneer ek onseker is oor myself – jy verloor omtrent alle selfvertroue, wat beteken jy val makliker oor jou woorde, jy stres meer, jy oordink alles en jy worry dan meer om perfek te wees as om te luister na die persoon wat voor jou sit.
Sjoe – chatNOU! (sy lag). Dis ’n ongelooflike lekker program om aan te bied. Jy het soveel vryheid dat jy letterlik enigiets kan doen, behalwe vloek. Dit is ook so gemaklik en freeing, omdat jy ook omring is deur ’n hele tegniese en produksiespan, waar almal net wil add tot die show en jou ondersteun in so ’n manier wat jou empower en waar jy so baie fun het dat jy die heeltyd net spontane 5 second dance parties wil hou.
Ek het op die ouderdom van 5 begin dans, ek dink, en het opgehou in graad 10, want my buitemuurse aktiwiteite het my lewe begin oorneem. In dié klompie jare het ek Modern, Tap en Hip-Hop gedoen, asook Ballet en Akrobaat – maar dit het nie so lank gehou soos die ander nie. Op universiteit het ons wel Physical Theatre gehad – dis een van die vakke waarin ek my Honneursgraad gedoen het en dis waar die choreografie ingekom het. Physical Theatre bestaan ook uit Movement, en vir my was dit amper soos dans, net sonder ’n genre.
Ek is ongelooflik lief vir dans, of dit nou vir ’n kompetisie is, op Weiveld se vloer, of op ’n Maandagoggend in my kamer; dis iets wat ek graag meer sal wil doen. Ek is juis op soek na ’n dansateljee waar ek klasse kan bywoon. Wat choreografie betref – nie so graag nie. Ek is ’n creative so ek sal altyd wil skep, ek dink die medium sal maar net altyd verskil. Maar wat dans vir nou-Ansu beteken: dis net pure, sonder-verantwoordelikheid of goed-wees, genot.
Oe! Ek wil só graag Nina die boskind wees in Fiela se Kind, die jong ene en die ouer ene. Ek is verlief op haar spirit! Ek sal ook graag meer van ’n alternative, quirky, female romantic lead wil speel – een wat nie jou tipiese girl-next-door-mooi is nie.
My persoonlike styl is in die “figure-out“-fase. Ek sou dit beskryf as sporty-modern-chic. Ek is beslis ’n “less is more“ kind of meisie. Ek verkies dit om eenvoudig te mix met ietsie meer bold.
Google. (Sy lag). Ek het geweet watse tipe feel ek wil hê my naam moet afgee, en dit ’n saying tipe van iets moet wees. So toe google ek “cute sayings,” kom op ’n lysie af, skryf ’n hele paar neer, en toe is Cut the Mustard die een wat in my kop ronddans vir die volgende paar dae. Dit beteken: “come up to expectations; reach the required standard.”
Sjoe! Ek wens mode wil net stilstaan. Dit hou aan verander en dis great maar ek like die 70’s-90’s vibe wat nou aan die gang is.
Die mees underrated modegier wat vir altyd en vir ewig moet bly: Dungarees en high waist enige iets! Heeldag. Aldag.
Die mees overrated modegier is: niks. (Sy lag). Alles is cool op sy tyd.
YES! Ek skryf al van hoërskooldae af gedigte vir my hartsgeliefdes, so ek sal graag ’n digbundel of boek wil uitbring met al die liefdesgediggies en briewe wat aan outjies geskryf is maar nog nooit vir hulle gegee is nie. En ek sal ook graag ’n boek wil uitbring (dis die 50-jaar-droom) en dit sal handel oor die liefde. Die verskillende beginne, middels en eindes en hoe tyd liefde beïnvloed. (Maar dis my idee, niemand mag dit steel nie! :-))
Nope. 🙁
Uhmmmm … Ek kan nie sonder souse lewe nie. Alle kossoorte kort ’n sousie. Ek’t tot my eie sous: tamatiesous, mayonnaisse en blatjang. Yum!
Yep! Sjoe – hoe kan ’n mens Pretoria beskryf? As ek van Johannesburg af na Pretoria toe ry dan word Pretoria vasgevang in die gevoel wat ek kry wanneer ek onderdeur Lynnwoodpad ry op die snelweg, dis net na skemer en die stadsliggies brand so saam met die pienk en blou soos die dag en nag mekaar groet. Dit voel soos huis.
Die Here se planne :). Ek weet wat Hy wil hê ek moet doen, ek’s net nie presies seker wanneer of hoe nie. Maar nog meer flieks, een wat ek self geskryf het sal cool wees. Ek sal graag wil aanhou aanbied op verskillende TV-shows. Biddelik groei die blog dat dit oorneem as voltydse werk en vat my na verskillende plekke toe; ek is ook in die proses om die Cut the Mustard–brand in ’n klein show te maak op YouTube met verskillende insetsels waaraan ek hard brainstorm vir nou. Verder, die lewe gaan oor klein victories of dit nou is of ek vir ’n roomys “nee” gesê het en of ek ’n prys vir een of ander iets gewen het – dit moet gevier word.
My toekomsplanne is om meer van dié te doen:
“Plan in decades. Think in years. Work in months. Live in days”.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.