“Asseblief, asseblief hou op tjank, Vindiesel,” smeek ek, na aan trane.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die wolfhond kyk my met treurige bruin honde-oë aan en my hart wil breek. “Ek wens jy kan vir my sê wat makeer!”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dit is halftwee op ’n Donderdagoggend. Vindiesel eet nou al twee dae lank nie juis nie en sy weemoedige getjank het my uit die bed gejaag. Hy het ander simptome ook wat ek nie op hierdie platform sal noem nie, maar my ernstig bekommer. Wie kan ek nóú oor ’n siek hond bel? Nosiswe woon bitter ver, Barend is uitstedig en Liané weet meer van motorenjins as van diere. My ma’le is te oud om in die nag rond te ry, en om doodeerlik te wees, weet ek nie of my pa se standaardkuur vir troeteldiere, dun aangemaakte Pro-Nutro in ’n tietiebottel, die ding gaan doen nie. Ek kyk vertwyfelend na die selfoonkontak op die skerm: Cobus Mentz. Vindiesel se hondelyf ruk onder my strelende linkerhand en ek druk outomaties die belknoppie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Anna?”
“Cobus, Vindiesel is vreeslik siek en ek weet glad nie wat om te doen nie!” Ek klink histeries.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ek is nou daar.”
Dankbaar dat Cobus oplaas die emosionele insig gekry het om my ouerhuis vir ’n gastehuis te verruil, wag ek hom in. My ma sou hoop dit is ’n gekamoefleerde booty call en my pa sou flenniepajamas en al saamgery het.
“Waar is hy?” vra hy sonder om behoorlik te groet en ek beduie kombuis se kant toe. Dit is vrek koud en die meeste van my aardse besittings staan in bokse in die huis rond sodat Cobus ’n paar keer struikel en hard swets. Iets diep in my kry ’n bietjie lekker, maar Vindiesel se fyn tjankies laat my gedagtes versober.
“Sien jy?” vra ek toe ons in die kombuis kom. “Iets groots is fout. Hy kan niks inhou nie.”
Cobus buk by die hond en gesels saggies met hom. Die ge-“toemaar, ek is nou hier” maak my dadelik briesend, maar ek kners op my tande. “Ons moet hom by ’n veearts kry – ek sal gou Google en kyk of daar ’n nooddiens bestaan.”
’n Halfuur later storm ek by die plaaslike dierehospitaal se voordeur in, Cobus kort op my hakke met ’n kreunende Vindiesel in sy arms. “Ek is so dankbaar dat julle die tyd van die nag oop is,” verklaar ek uitasem, sonder om te kyk wie die voordeur beman.
“Naand, Mevrou,” groet ’n stem soos sagte, donker fluweel. Ek kyk op. Wow. Kan hierdie Griekse god ’n veearts wees?
“Waar kan ek hom neersit?” hyg Cobus agter my.
“Kom, ek help.” Dokter Zeus stoot sy arms onder Vindiesel se lyf in en neem die hond by Cobus asof hy ’n worshond is en nie ’n wolfhond nie. “Wat is jou naam, ou grote?”
“Vindiesel,” piep ek. Ons volg hom na sy spreekkamer. “Werner Louw,” groet die Griekse god oor sy skouer. “Aangename kennis.”
Ná ’n deeglike ondersoek kry Vindiesel ’n inspuiting en word in ’n luukse hondehok ingeboek. Dokter Zeus sluit by ons aan. “Mevrou, meneer … ”
“Hy is nie, e, mý meneer nie,” help ek Werner Louw vinnig reg. “Ek is Annemieke.”
“Cobus,” groet díe effe stug.
Ons word met ’n wit glimlag beloon. “Annemieke, Cobus. Ek vermoed dat Vindiesel ’n maagvirus onder lede het. Ek het bloed getrek en dit sal môre laboratorium toe gestuur word. Ek wil hom graag hier hou vir die nag. Hy is gedehidreer en ons moet sy koors monitor. Is dit in die haak?”
“Heeltemal,” antwoord ek vinnig. “Ek woon hier naby, ek sal môreoggend voor werk kom inloer en hoor wanneer kan hy huis toe kom. My nommer is op Vindiesel se pasiëntekaart ingevul, julle kan my enige tyd kontak.”
“Dit is nie baie professioneel om met jou troeteldier se veearts te flirt nie, Annemieke,” merk Cobus skerp op toe hy my gaan aflaai.
Ek trek my skouers op. “Hy is mos nie mý veearts nie. En wat skeel dit jou? Jy kon nie vinnig genoeg van my ontslae raak nie.”
Hy skud sy kop verontwaardig. “Ek het net ’n break nodig gehad, Anna. Dit is jý wat weier om ons ’n tweede kans te gee vandat ek terug is.”
Wát? Ná die skok, verwerping, persoonlike groei en finansiële selfstandigheid waartoe hy my gedryf het, soek hy ’n tweede kans?
“Hierdie gesprek is verby, Cobus. Moenie vergeet om die veeartsrekening te betaal nie.”
Ek vlug in die half opgepakte huis in voordat Cobus kan sien dat ek bewe.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.