Jy moes van my nuwe self tan geleen het, Anna,” merk Liané op toe ek my strandrokkie oor my kop trek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Nee dankie, ek is eerder wit as oranje,” antwoord ek vroom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sien, ons is op vakansie, maar die spanning loop hoog. Liané en haar verloofde, Sybrand, het my saam met hulle Hartenbos toe genooi. Haar suster en sy niggie en díe se sleepsels is darem ook hier en ek is eerder spaarwiel as derde wiel. Maar Sybrand is nie heeltemal die liefdevolle sakeman waarvoor Liané hom aansien nie. En ja, ek was so vasgevang in my eie traumas en my kortstondige verval in post-egskeiding-depressie (met die gepaardgaande obsessies) dat ek nie opgemerk het dat Liané stil, maer en buitengewoon buierig geword het nie. En nou sit ek en ’n helder oranje suster van Beëlsebul op ’n strand waar jy bokkie-sokkie-rokkie treffers oor en oor hoor. Waar kom die musiek vandaan? Uit die vetplante langs die strand? Daardie soort wat vir bloublasies en wie-weet-wat-nog-help? Waar kan ’n mens dit afskakel?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Op die oomblik hoor ons hoe iemand kaalvoet vir ’n bietjie liefde sal loop terwyl iemand anders met sy hande praat. Jy sou sweer die verskuilde platejoggie was gisteraand in Sybrand se vakansiehuis. Ek kyk tersluiks na Liané waar sy in haar goue bikini langs my sit.
“Jy is baie maer.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die wyerandhoed bewe soos sy knik. “Ek weet. Sybrand het vir my ’n personal trainer gereël vir my verjaardag.” Liané vee tevrede oor haar gespierde maag.
“Sjoe. Is dit wat jy vir jou verjaardag wou hê?” vra ek versigtig. Liané was nog altyd natuurlik slank, nie regtig een vir oefen nie.
Sy lyk verbaas. “Nee, ek wou ’n Pandora-armband hê. Maar ek kan dit mos vir myself koop.”
Ek smeer tydsaam sonroom aan my vel. “Kry Sybrand baie sulke, eh, woedeuitbarstings soos gisteraand, Liané?”
Haar kop ruk op. “Moenie nou ’n ding daarvan staan en maak nie, Anna. Ek het die potato bake te laat in die oond gesit. Ek verstaan waarom hy kwaad was.”
Ek frons. “Dit was waarskynlik nie nodig dat hy twee borde en ’n bottel wyn daaroor hoef te breek nie. En hy het nogal lelike goed vir jou gesê … ”
Sy antwoord nie en die stilte tussen ons word warm en dik. Naderhand staan ek op. “Ek gaan gou voel hoe voel die water.” Die soutwater vou koel om my warm lyf en ek verlustig my in die sorgelose gevoel. Hoogwater is pas verby en die see is soos ’n vol dam. Dit voel asof die jaar van my afgewas is toe ek weer sand onder my voete voel. Tot ek Sybrand op my strandhanddoek sien lê. Vanoggend die ene glimlaggies en oënskynlik grappies, want Liané kraai soos sy lag. Maar iets is nie pluis nie – ek sal vanaand nog met Barend oor ’n plan van aksie moet gesels.
“Kyk, Annemieke, ek weet nou nie wat julle kunstiges heeldag aanvang nie, maar jy weet darem hoe om ’n tafel te dek,” sê Sybrand en knik goedkeurend. Vanaand word daar groot onthaal, elke baie belangrike persoon in die distrik kom hier braai. Ek glimlag stram. “Dankie Sybrand, almal het darem ’n ou ietsie wat hulle goed kan doen.”
Ek sien my sarkasme ontgaan hom nie maar voor hy kan antwoord, hoor ons iemand met die stoeptrappies opkom.
“Naand, is ek vroeg?”
Iets vreemds gebeur met my. Ek kan nie dink nie. Ek kan nie praat nie. Op die boonste stoeptrappie huiwer die aantreklikste man waarop ek tot nog toe my oë gelê het. Lank. Blas. Kop kaal geskeer, maar met ’n stoppelbaard. Die energie wat hy uitstraal, is pure magnetisme. Is dit ’n seerower? Dra seerowers spierwit oopknoophemde met jeans wat beloftes inhou? Ek vergeet van die bombastiese boelie van ’n Sybrand Steenkamp. Ek vergeet van Liané wat netnou in trane was oor die slaai nie mooi genoeg lyk nie. Die seerower kom nader. “Goeie naand, ek is Johannes. Johannes Beeslaar.”
“Johnny!” groet Sybrand joviaal. “Ontmoet vir Annemieke, een van Liané se vriendinne. Die arme vrou is onlangs geskei.”
Hy draai na my. “Annemieke, Johannes is een van die grootste eksotiese wildboere in Mpumalanga. Ek het al my goue springbokke by hom gekoop.” Sybrand vryf sy hande teen mekaar asof die gedagte aan die bokke hom baie opgewonde maak.
“Wat skink ek vir jou?”
Johannes-die-wildboer kyk na my, en dit voel vir ’n oomblik asof ek gaan flou word. “Ek het ’n lekker bottel wyn gebring. Skink sommer vir Annemieke ook.”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.