kategorieë: LeesOntspanning

Annemieke Mentz 11: Eksie-perfeksie

Ja, dit gebeur. Jou eks beweeg aan. Find and replace, soos die funksie van enige goeie woordverwerker. En dan word die lewe rampspoedig, wraaksugtig en onheilspellend. Veral as jy op die einste, progressiewe eks spioeneer, gebukkend agter ’n delicious monster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Anna!” sis Nosiswe by my oor. “Ons moet hier uit.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Sjj!” Ek maak haar met ’n geïrriteerde handbeweging stil. “Ek moet eers sien wat hulle doen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Hulle eet! Wat meer wil jy sien? My bobene gaan bars. My jeans gaan skeur. Ek kan nie meer hurk nie. Ek is eenvoudig te dik vir hierdie posisie.” Nosiswe mik om op te staan, maar ek pluk haar af, terug agter die delicious monster in. Ons sit in ’n eetplek in die Austen Roberts-voëlpark. ’n Redelike gevestigde een, want hulle glo nog aan ’n delicious monster as die toppunt van stoep-dekor. Ek loer met skrefiesoë deur die openinge tussen die plant se blare.

Cobus is sonbruin. Gespierd. Dis klaarblyklik sy nuwe beeld. Hy dra ’n deftige kortbroek, ’n liggroen gholfhemp, ewe met ’n bypassende geel trui om sy skouers gebind. Aan sy voete het hy die soort dekskoene wat ek hom altyd wou laat aanpas, maar waarvoor hy kamma gegril het. My keel voel dik, maar voor ek aan die trane kan toegee, gooi sy date haar lang blonde hare agteroor en lag hartlik. Ek voel hoe my oë vernou. Cobus was nog nooit regtig snaaks nie, slim, ja. Maar nie snaaks nie. Sy bedaar en terg hom met ’n halwe glimlag, leun dan vorentoe en fluister iets vertrouliks oor die tafel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wat de … Hoekom kruip –?”

“Sjj!” maak ek Liané stil en beduie in die rigting van die misdaadtoneel.

“Annemieke, sal jy asseblief opstaan en soos ’n grootmens met … ”

“Cobus, date, sjt!” Nosiswe is fermer as ek.

Liané staar aanvanklik nikssiende in die rigting waarin ons beduie, toe sper haar oë wyd en iets wat klink soos ’n kreet kom uit haar mond. “Wat?! Cobus is op ’n date? Hier?!”

Die hele restaurant kyk na ons. Het ek genoem dat Liané vandag ’n nartjie-oranje rok dra? Die hele restaurant sluit vir Cobus en Tweede Kans in. En toe gebeur dinge gelyk: Nosiswe verloor haar balans. Gryp verbouereerd en effe desperaat na die delicious monster. Dié kantel, gooi my van balans af en voor jy kan sê “Tweede Kans”, lê ek, Nosiswe, die delicious monster en al sy potgrond op die vuilerige houtvloer.

Cobus storm natuurlik eerste nader. “Anna, wat op aarde doen jy hier? Het julle seergekry?”

Met die waardigheid wat my grondbesmeerde wit broek my toelaat, kom ek regop. “Haai. Ek, e, help Nosiswe met pilates-bewegings.”

Cobus lyk kwalik oortuig. “Van wanneer af oefen jy?”

Ek kry dit reg om ’n wenkbrou sarkasties te lig. “Van wanneer af gaan jy op dates met blonde bomme?” Mooi, Annemieke. Voet-in-mond-sindroom. Pleks ek kry klem-in-die-kaak. Maar nee. Cobus kyk my simpatiek aan. “Dit sal beter word, Anna. Met tyd.” Hy knik in die ander twee se rigting. “Geniet die res van julle Saterdag.”

Dit begin al skemer word. Ons sit nog langs die getraumatiseerde delicious monster. “Jy is dan oor Cobus, Anna?”

Ek snik-snuif. “Ja, maar hoe kan hy my net vervang? Dink julle hy is lief vir haar? Dink julle, wel, dink julle hulle … ”

“Hulle wat?” vra Nosiswe fronsend.

Liané vryf simpatiek oor my rug. “Dit maak nie eintlik saak nie, Anna. Hierdie is nie ’n kompetisie nie. Het jy vergeet hoe sleg Cobus jou behandel het? Jy maak hom nou net beter in jou kop. Troos jou daaraan, jy het darem die veearts inkatrol. En toe weer teruggegooi. Dit gaan my verstand te bowe, maar dit is nie nou die punt nie. Cobus kan met Charlize flippen Theron uitgaan, en dit verander steeds niks aan die situasie nie.”

Ek snuif onvroulik. “Dit verander alles. Want my sesde sintuig sê vir my dat daardie vrou die gesig van my egskeiding is. Sy is die rede. Ek sê julle. ’n Mens moet Cobus baie goed ken om hom te oortuig om boat-deck shoes te koop én te dra.” Ek trek my skouers oorwonne op. “Dalk was ek net nie goed genoeg nie?”

Nosiswe klik haar tong. “This pity party is over. Dit is nou al byna ’n jaar, Anna.” Sy wink die kelner nader. “Een bottel lekker soet JC le Roux, asseblief. Ons het die anniversary van ’n egskeiding om te vier.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.