kategorieë: LeesOntspanning

Annemieke Mentz 10: Soek die grotman

Daar’s kantgordyntjies voor my vensterraam, en alles is so ordelik soos dit my betaam. Soggens kom die melkman en saans lees ek koerant, en soms as als te veel word, voel ek astrant … ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nie regtig nie. Ek luister net na my stokou Laurika Rauch-CD wat ek met die uitpakkery ontdek het. En ek verf strepe op my nuwe sitkamermuur. Wittes en bloues. Dit is nou wel effe 2008, maar ek is te arm vir muurpapier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“… Dan sal my Neanderdalman my hartsnaar so laat span … Hoe, Oe … ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Wie op aarde sing daar, Annemieke?” Werner Louw staan met ’n hamer in sy hand in die deurkosyn, in sy volle Griekse-god-diereliefhebbende-glorie wat slegs bederf word deur die groteske plastiekmasker oor sy gesig en ’n dowwe blou oorpak.

“Laurika Rauch. Waarom is jy gemasker?” vra ek nuuskierig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek moet my gesig en oë beskerm.”

“Terwyl jy spykers inkap?” Wat makeer my? Ek behoort so dankbaar te wees dat ’n man bereid is om my, ’n geskeide dametjie aan die treinspoor se kant van dertig, by te staan in my uur van nood, dat ek net moet stilbly. Maar ek is nie eintlik so dankbaar nie. Ek is … geïrriteerd? Is dit moontlik dat so ’n mooi man jou kan irriteer? Dalk … dalk het die egskeiding my koerasie totaal en al in sy glory gestuur? Dalk het ek so ’n skok weg dat ek nou aseksueel is? Dit is ’n term wat Barend se ander vriendekring wild rondgooi. Soos ’n androgene wese wat leef vir alles behalwe vry. Ek ril sommer en glimlag vriendelik vir Werner Louw. “Ek bedoel, ek is bly jy kyk so mooi na jouself.”

“Anna! Ons is hier!”

O tog, ek het my bes gedoen om hierdie ontmoeting uit te stel. Maar Werner Louw lig klaar die plastiekklappie van die masker oor sy oë en knyp die hamer tussen sy bobene vas om my pa met die hand te groet.

“Is dit nou die veearts?” My ma bloos bloedrooi en ek is seker sy fladder haar wimpers. “Maar Annemieke, hy is ’n beeld van ’n man! En lief vir diere ook. As ’n mens kan lief raak vir ’n hond, kan jy lief raak vir ’n vrou.”

“Ma!”

My pa staan half verward met sy gereedskapskas in sy hande en bekyk die veearts se pantserpak skepties. “Michiel Beukes.” Hy sit darem die gereedskapskas neer om Dr. Zeus – dalk is Zorro meer gepas? – met die hand te groet. “Waar is daardie kraan wat lek, Anna? Ek gaan sommer daar begin.”

En so lê my pa in sy gunsteling PT-broekie, sonder ’n plastiekmasker en sonder ’n oorpak, op my nuwe kombuisvloer in Brooklyn, sy kop onder die opwasbak se dermkanaal versteek, terwyl Werner Louw gehoorsaam wassers en tange aangee. Díe is steeds gemasker en gepantser, want ’n mens weet nie watter goggas in ou dreinpype wegkruip nie. En dit kan hom sy loopbaan kos.

“Ek het ’n paar eetgoedjies ingepak,” flikflooi my ma terwyl sy alles van vars brood tot tuisgemaakte lewerpatee op my en Cobus se ou kombuistafel uitpak. “Dit is alles eintlik Annemieke se
resepte, Werner. Sy is ’n bobaaskok.”

“O, werklik, Mevrou Beukes?” kom sy stem van ver agter die plastiekmasker.

“My ma oordryf. Ek kan roereier maak. En slaai. En dit is omtrent dit.”

“Ag, Annemieke, jy is te beskeie.” Sy draai weer na Zorro. “Maar dit is waar, Annemieke maak uitstekende slaai, gesond ook.” Die oomblik toe Werner Louw wegkyk om ’n kleiner wasser te soek, straf sy my met Die Oë. Die Oë is ’n triek waarmee my ma, sonder om ’n enkele sprak te sprook, minstens tien volsinne kan kommunikeer. Hierdie keer sê Die Oë dat ek my sterre kan dank dat ’n man van Dr. Zeus se inbors en breëbors my nuwe kombuis met sy groen linoleumvloer vol staan.

Terwyl ons eet, sien ek my pa se voorarms is vol stof, sy hemp het ’n putty-streep bygekry. Werner Louw lyk asof hy pas uit ’n Queenspark-advertensie ontsnap het. Metroman. Maak dit hom metroseksueel? Pleks van heteroseksueel? Ek besef verwonderd dat ek pas die vraagstuk van ons tyd opgelos het: Cobus, Werner Louw en minstens vyftig persent van ons moderne helde is nou metroseksueel. Dit gaan nie vir my werk nie, Dr. Zeus. En jip, dit is jy, nie ek nie. My koerasie is piekfyn. Ek sal maar aanhou hoop, soos Laurika Rauch: “En sou my Neanderdalman my aan die hare gryp en vang met ’n knuppel in my rug, gebalde vuis hoog in die lug. Dan sou my Neanderdalman my hartsnaar so laat span … ”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.