kategorieë: LeesOntspanning

Annemieke Mentz 1: Die ontnugterende ontwaking

Ek het al daarvan gelees. ’n Buiteliggaamlike ervaring. Die vlieg-teen-die-muur gevoel. Asof jou lewe ’n fliek is wat hom voor jou afspeel. Ek beleef tans so ’n oomblik. En dan word die vlieg teen die muur ’n vlieg in die salf of die wyn of die werklikheid. “Skei? Jy wil skei?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Cobus kyk my halfbedremmeld aan. “Jammer Anna. Ek weet dit is onverwags. Die ding het my net so onkant betrap. Ek … ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die ding?!” Ek spring op. “Watse díng, Cobus? Het die ding ’n naam? Dra sy ’n rok? Waddehel gaan met jou aan!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cobus is nou ook regop. “Annemieke, jy is histeries my skat. Sit, dan maak ek vir ons rooibos sodat ons rustig hieroor kan praat.”

Ek gaan sit maar. Oukei. Vandag het soos elke ander dag begin. Cobus se wekker het halfses begin skree. Hy het dit doodgedruk. Ons het kwart voor ses opgestaan. Hy het aangetrek vir werk terwyl ek vir hom All-Bran in ’n bakkie gegooi het, met warm melk soos wat hy daarvan hou. Ons het Nespresso-cappuccinos gedrink. Cobus is werk toe. En toe hy terugkom, wil hy sommer skei. Ek verstaan dit nie. My gedagtes voel soos ’n Kersfees-koekstruif.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek het suiker in jou tee gegooi. Dit sal help vir die skok.”

Ek troetel die beker tussen my hande.“Is jy verveeld? Moet ons nuwe dinge probeer, dalk ’n bietjie Fifty Shades of Grey lees? Ek weet dat ek soms konserwatief is, maar ek kan aanpas.”

“Anna, dit is nie jy nie, dis ek.” Hy haal diep asem. “Hierdie is nie wat ek uit die lewe wil hê nie. Ek wil ongebonde wees. Ek wil reis, plekke sien en mense beleef. Ek wil ’n boek skryf oor iets.”

Ek kyk verslae na my man. My beste vriend. My hele wêreld.

“Cobus. Jy is ’n aktuaris. Julle skryf nie boeke nie. Jy was veronderstel om die veiligste belegging van al my vlerkslepers op universiteit te wees! Jy bestel altyd dieselfde gereg by dieselfde restaurant. Jy laat jou onderbroeke stryk. Hoe gaan jy sonder my in vreemde lande oorleef?”

Hy skuif nader, ’n vreemde glimlag lig sy ganse gelaat op. “Dit is juis die punt, Anna! Wie is Cobus sonder Annemieke? Wie is Cobus Mentz?”

Ek voel tranerig. My keel is dik. Ek gaan nou geen argument kan wen nie, as daar ooit ’n argument op die tafel is. Ek voel hoe my gesigspiere onwillekeurig begin vertrek. Hier kom dit nou. Ek huil. Katte en honde.

“Sjjj … Ons sal dit uitwerk. Ons gaan oukei wees, jy sal sien.”

Ek snuit my neus met sy Pringle-of-Scotland hemp.

“Nee Cobus, jý gaan oukei wees en ek gaan geskei wees.”

“Is hy van sy kop af?” Liané se stem grens aan histerie.

“Hy het klaar besluit, ek kan dit sien. Wat gaan ek doen, Liané?”

“Jy gaan my môreoggend agtuur kom sien, dit is wat jy gaan doen. Ons gaan Cobus vat vir alles wat hy het. Hy gaan op ’n donnerse wêreldreis moet gaan om sy skuldeisers te ontduik wanneer ons die dag met hom klaar is.”

Liané is ’n prokureur. En hoewel ek nie vir Cobus wil vat-vir-alles-wat-hy-het nie, het sy dalk ’n punt beet. Sien, ek werk nou al vir ’n bietjie meer as ’n jaar glad nie. Ek is mos getroud. Wel, nou is ek drie en dertig, werkloos en amper geskei.

“Waarvan gaan ek lewe? Sherbet, Liané, ek gaan moet werk soek! Waar begin ek? Niemand gaan my ernstig opneem nie, ek het ’n hele jaar koek gebak en gebalanseerde aandetes gekook.”

“Dit is later se bekommernis. Sê eers vir my, hoe gaan jy die nuus aan jou ma oordra?”

“Dalk moet ek net stilbly daaroor en wag tot sy dit agterkom? Dalk ná drie of vier vakansies sonder Cobus?”

My vriendin lag oor die lyn.

“Skuus, dit is nie snaaks nie.” Sy sug. “Kan hy nie op sy wêreldreise gaan, kyk of hy oor sy geite kom, en dan net voortgaan met julle huwelik asof niks gebeur het nie?”

“Ek het gevra. Die antwoord is nee.”

My selfoon vibreer teen my oor. “Hier is nou eers ’n ander – ag hel, dit is my ma. Ek bel jou nou-nou.”

Ek haal diep asem en kyk na die skerm, huiwerig om te antwoord.

Dit is dan nou so.

Welkom by die ontnugterende ontwaking van Annemieke Mentz.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.