kategorieë: Ons menseBekendes

Anne Hathaway bevestig: ‘The Princess Diaries 3’ is op pad!

Aanhangers van Anne Hathaway se mees ikoniese rolle is in vervoering ná haar bevestiging dat The Princess Diaries 3 amptelik op pad is. Maar dit is nie al nie—Hathaway se aanhangers kan ook uitsien na The Devil Wears Prada se opvolgfliek.  Beide films het diep spore in die wêreld van flieks en popkultuur getrap, en nou, ná jare van spekulasie, blyk dit of die geliefde karakters na die grootskerm gaan terugkeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In The Princess Diaries 3 sal Hathaway weer die rol van Mia Thermopolis vertolk, die ongemaklike tiener wat in die eerste film ontdek sy is die erfgenaam van die troon van die klein Europese land, Genovia. Nadat Mia se ouma, Koningin Clarisse Renaldi (gespeel deur Julie Andrews), haar onder die vlerk neem, vind sy uiteindelik haar plek as prinses. In die tweede film het Mia se reis as prinses voortgegaan, en sy moes ’n geskikte man vind om met haar te trou sodat sy die koningin kon word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terwyl Hathaway se terugkeer amptelik bevestig is, bly daar onsekerheid oor of Julie Andrews weer haar rol as Mia se statige ouma, Koningin Clarisse, sal herneem. Andrews het in Desember 2022 in ’n onderhoud genoem dat die kans skraal is weens haar ouderdom en die jare wat verloop het sedert die laaste fliek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The Devil Wears Prada, ‘n 2006-fliek, wat losweg gebaseer is op Lauren Weisberger se gelyknamige roman, het Hathaway as Andy Sachs gesien—’n jong joernalis wat haarself in die intimiderende wêreld van mode bevind nadat sy aangestel is as assistent vir Miranda Priestly (Meryl Streep), die yskoningin-redakteur van die tydskrif Runway.

Die opvolg, wat tans in die ontwikkelingsfase is, sal na bewering fokus op die dinamiek tussen Miranda Priestly en haar voormalige assistent Emily Charlton (gespeel deur Emily Blunt). Emily, wat in die oorspronklike fliek aan die begin gesien is as Andy se venynige kollega, het nou haar eie suksesvolle loopbaan as ’n uitvoerende hoof in die modebedryf. Die nuwe film sal die twee magtige vroue teen mekaar plaas in ’n stryd om advertensie-inkomste in ’n krimpende drukkerswese, terwyl Miranda Priestly se eie aftrede nader kom.

Emily Blunt, Meryl Streep en Anne Hathaway (Foto: Gallo/Matt Winkelmeyer/Getty Images)

Volgens IMDb sal Streep, Hathaway, Blunt, en Stanley Tucci, wat Nigel in die oorspronklike fliek vertolk het, moontlik al hul rolle hervat. Disney is aan’t stuur van die projek.

Dit is nog nie bekend wanneer die flieks die silwerdoek gaan tref nie.

Lees ook: Die Emmy-toekennings se nápartytjie: Wenners en wonderwerke

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.