Vandat die nuus gebreek het dat Angelina Jolie en Brad Pitt uiteindelik (in die geheim) getroud is, was aanhangers en die media baie nuuskierig oor haar trourok.
HELLO! magazine het in ’n wêreld eksklusiewe uitgawe die foto’s onthul. Brad en Angie het hul foto’s met die tydskrif, asook met die Amerikaanse weergawe van ons sustertydskrif People, gedeel.
Angie se rok is deur die ontwerper Luigi Massi vir Atelier Versace gemaak en die sluier is bedek met tekeninge deur haar en Brad se kinders.