'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Anemie, wat ’n ystertekort is, is een van die algemeenste nie-oordraagbare toestande van ons tyd, wat tot 2 miljard mense wêreldwyd affekteer. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se statistieke laat blyk dat 38% van mense lae ystervlakke het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Yster speel ’n baie belangrike rol in die vervaardiging van hemoglobien, wat suurstof na die res van die liggaam neem en sorg dat die liggaam se selle, weefsel en organe goed werk. ’n Tekort aan yster kan tot anemie lei – dit belemmer energievlakke, kognitiewe funksie, geestesgesondheid en algehele welstand. In ernstige gevalle, kan ’n uiterste tekort aan yster tot lewensbedreigende komplikasies lei, wat die risiko vir hartversaking en daaropvolgende verswakking van belangrike organe kan verhoog.
Daar is in 2018 vasgestel dat daar in Suid-Afrika alleen 17,8 miljoen mense, veral pasgeborenes, kinders, vroue wat menstrueer en ouer mense, is wat aan anemie lei. En hierdie syfers is aan die styg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“As jy op jou ystervlakke let voordat dit te laag is, is dit moontlik om dit met mondelingse aanvulllings reg te stel,” sê suster Davidson, die hoof van die Cape Town Infusion Centre. Sy wys ook uit daarop dat as dokters die pasiënt se ystertelling voor ’n operasie of gedurende swangerskap weet, hulle baie beter toegerus is om voorkomende of regstellende stappe te neem.
Suster Davidson, die hoof van die Cape Town Infusion Centre. (Foto: Verskaf)
Volledige ystertoetse is die mees akkurate manier om die werklike ystervlaklesing te kry. Suster Davidson verduidelik: “Ons moedig pasiënte aan om ’n hemoglobientoets en volledige ystertoets by hul dokter aan te vra pleks daarvan om net ’n ferritien- of hemoglobientoets te doen waar die volle ystertelling gemis kan word.”
As jy aan enige van die onderstaande lei, praat met ’n gesondheidspraktisyn en maak seker van jou ystertelling:
Fisieke faktore, soos swaar menstruele bloeding of swangerskap; omgewingsfaktore soos onvoldoende voeding; stres; inflammasie as gevolg van outo-immuuntoestande; en sekere medisynes is ’n paar van die moontlike oorsake van lae ystervlakke.
Lees ook: Jy’s g’n vloerlap nie! Hier’s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.