Waarom dit absoluut noodsaaklik vir jou en jou gesin se gesondheid is om te weet wat jul ystertelling is
Anemie, wat ’n ystertekort is, is een van die algemeenste nie-oordraagbare toestande van ons tyd, wat tot 2 miljard mense wêreldwyd affekteer. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se statistieke laat blyk dat 38% van mense lae ystervlakke het.
Yster speel ’n baie belangrike rol in die vervaardiging van hemoglobien, wat suurstof na die res van die liggaam neem en sorg dat die liggaam se selle, weefsel en organe goed werk. ’n Tekort aan yster kan tot anemie lei – dit belemmer energievlakke, kognitiewe funksie, geestesgesondheid en algehele welstand. In ernstige gevalle, kan ’n uiterste tekort aan yster tot lewensbedreigende komplikasies lei, wat die risiko vir hartversaking en daaropvolgende verswakking van belangrike organe kan verhoog.
Daar is in 2018 vasgestel dat daar in Suid-Afrika alleen 17,8 miljoen mense, veral pasgeborenes, kinders, vroue wat menstrueer en ouer mense, is wat aan anemie lei. En hierdie syfers is aan die styg.
“As jy op jou ystervlakke let voordat dit te laag is, is dit moontlik om dit met mondelingse aanvulllings reg te stel,” sê suster Davidson, die hoof van die Cape Town Infusion Centre. Sy wys ook uit daarop dat as dokters die pasiënt se ystertelling voor ’n operasie of gedurende swangerskap weet, hulle baie beter toegerus is om voorkomende of regstellende stappe te neem.
Volledige ystertoetse is die mees akkurate manier om die werklike ystervlaklesing te kry. Suster Davidson verduidelik: “Ons moedig pasiënte aan om ’n hemoglobientoets en volledige ystertoets by hul dokter aan te vra pleks daarvan om net ’n ferritien- of hemoglobientoets te doen waar die volle ystertelling gemis kan word.”
Die risikokategorieë sluit in:
- Pasgebore baba van ma’s met ’n ystertekort
- Kinders onder vyf jaar
- Tienerseuns en -meisies
- Vroue wat menstrueer
- Swanger- en postpartumvroue
- Ouer mense
- Pasiënte voor of ná operasieprosedures
- Pasiënte met kroniese probleme
Hier is die simptome wat op ’n moontlike ystertekort kan dui.
As jy aan enige van die onderstaande lei, praat met ’n gesondheidspraktisyn en maak seker van jou ystertelling:
- Fisieke moegheid en uitgeputheid
- Kort van asem
- Bleekheid
- Seertjies in die mond
- Haarverlies
- Hoofpyn
- Seer tong
- Naels wat breek
- Pika (’n lus om vreemde goed soos ys en grond te eet)
- Rustelose bene
- Onverdraagsaamheid vir koue
- Geestelike moegheid
- Verhoogde angstigheid en depressie
- Swak slaap
’n Vinnige blik op anemie
Fisieke faktore, soos swaar menstruele bloeding of swangerskap; omgewingsfaktore soos onvoldoende voeding; stres; inflammasie as gevolg van outo-immuuntoestande; en sekere medisynes is ’n paar van die moontlike oorsake van lae ystervlakke.
- Wêreldwyd ly 38,8% van swanger vroue aan anemie.
- In Afrika het 57% van swanger vroue in 2019 aan anemie gelei.
- In Suid-Afrika is 40% van kinders tussen die ouderdomme van ses maande en vyf jaar in 2019 as anemies gekategoriseer.
- Tot 75% van pasiënte wat in die hospitaal opgeneem is, het gedurende hul verblyf anemie ontwikkel.
- Tot 100% van pasiënte wat in die noodeenheid vir sewe dae of meer bly, sal anemie ontwikkel.
- Pasiënte wat anemies is voordat hulle ’n operasie ondergaan se kanse om te sterf, is dan 2,9 keer groter.
Het jy geweet?
- Dit is amper onmoontlik om anemie met jou dieet alleen reg te stel.
- Mondelingse ysteraanvullings kan werk, maar dit neem tyd en moet reg geneem word.
- As ’n regstelling van anemie dringend is soos in die geval van ’n swangerskap of net voor ’n operasie, of as mondelingse yster nie werk nie, is dit dalk nodig om ’n binneaarse ysteraanvulling te kry.
- Slegs mediese graad-ysterdrups is bewys om yster- en hemoglobienvlakke te verbeter.
- Enige binneaarse yster behoort deur ’n gelisensieerde mediese praktisyn in ’n gelisensieerde mediese praktyk toegedien te word.
- Heelwat mediese fonds sal nodige mediese graad-ysterdrups betaal uit die algehele jaarlikse beperkings (hospitaalvoordeel) of van voorgeskrewe minimum voordele (PMB) mits daar aan die relevante kliniese kriteria voldoen word.
Lees ook: Jy’s g’n vloerlap nie! Hier’s die tekens dat jy misbruik word en hoe jy grense kan stel