kategorieë: Bekendes

Anel Alexander oor Heidi

Hoe het dit gebeur dat jy deel van die film geword het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is verskriklik lief daarvoor om stemwerk te doen. Dis ’n hele ander kuns en dissipline. Ek onthou destyds toe ek as jong aktrise die industrie betree het, het ons nog die odd Duitse of Poolse reekse in Afrikaans oorgedoen, maar dis iets wat toe heeltemal weggeval het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe ek hoor dat Heidi in Afrikaans oorgeklank gaan word, het ek onmiddellik vir Henrietta gekontak en gevra of daar nie ’n klein rolletjie vir my is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe voel dit om nou ’n karakter in dié klassieke storie te wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om deel van ’n storie te wees wat inderdaad deur die jare volksbesit geword het en om saam met gesoute oorklankingskunstenaars soos Louis van Niekerk, Ben Kruger en Anelisa Weiland oorklanking te doen, is werklik ’n voorreg.

Vertel ons van jou karakter, Dete?

Toe Henrietta vir my sê dat ek die rol van Tante Dete gaan vertolk toe dink ek: ‘ Oe, ek hoop nie dis type casting as die kwaai tannie nie’, want in die regte lewe hoop ek dat ek die ‘cool’ tannie vir my sussie en boetie se kinders is!

Ek dink nie Dete is noodwendig kwaai nie, sy is maar net ’n vrou wat as gevolg van tragiese omstandighede nou met ’n kind ‘opgeskeep’ sit wat sy nie regtig weet wat om mee te doen nie. En dan uit desperaatheid gaan laai sy vir Heidi by haar Oupa af sodat sy ook met haar eie lewe kan aangaan.

Was jy ’n Heidi-aanhanger as kind?

Natuurlik! As Tannie Carika daai liedjie begin sing het, het ons almal nader geskuif en saam gejodel. Behalwe, as kinders, het ons altyd gedink sy sing ‘Hola DRIE Hoe!’ en nie ‘Hola Di Hoe’ nie!

Wie, dink jy, sal dié Afrikaanse weergawe van die film geniet: kinders of hul ouers?

Al my familie en vriende se kinders luister en kyk vandag nog na Heidi. So vir die ouers is die film ’n nostalgiese toer deur hul jeug en vir die kinders ’n tydlose storie met al die regte elemente vir goeie, gesonde familiepret.

Het jy al na Switserland gereis?

Ek was al bevoorreg genoeg om ’n paar keer in Switserland te wees. As kind en later toe ek ouer was. Dit is regtig prentjieboek mooi. Net voor ek getrou het, het my sussie my vir ’n ski-vakansie in Jungfrau ‘gestick’ en ek en James was onlangs op ’n kontiki toer deur Europa en het twee dae in Lucerne spandeer. My idee van die hemel was om deur Switserland te ry terwyl ons na die soundtrack van Sound of Music geluister het!

Kan ons jou binnekort in nog projekte verwag?

Ek werk nog hard aan ons jongste film Sink. Ons is tans besig met die DVD-vrystelling daarvan en doen die international film festival circuit. Ons speel by ’n hele paar Europese filmfeeste binne die volgende paar maande en ek hoop om darem een of twee te kan bywoon.

Andersins speel ek ’n klein rolletjie in die nuwe Radio Raps-film, Jonathan, wat Desember 2016 vrygestel word en werk ook aan ’n nuwe reeks vir kykNET …

* Heidi word op 2 September 2016 in fliekteaters landwyd vrygestel. Kyk hier na die lokprent:

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

43 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

1 hour Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

3 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.