Andrea Bocelli kom sing in SA. Hooffoto: verskaf
Andrea Bocelli sal twee vertonings hou in Suid-Afrika, een in Johannesburg by die Ticketpro dome en een by die Val de Vie-landgoed, saam met ’n volledige simfonie-orkes en koor.
Dié wêreldbekende tenoor het 85 miljoen albums verkoop en op sy nuutste album, Si, sing hy saam sy 20-jarige seun, Matteo, wat ook saam met hom sal optree by die vertonings in Suid-Afrika.
Die vertoning by Val de Vie
Datum: 22 April 2019
Tyd: Vertoning begin 18:30
Die polo-gronde van die Val de Vie-landgoed, omring deur drie asemrowende bergreekse, sal dien as die opelug-amfiteater vir die heel eerste Wes-Kaapse optrede vir dié Italiaanse maestro. Teen ’n simfonie van kleure soos die son sak sal gaste beslis ’n unieke ervaring in een van die mooiste plekke in die land kry.
Val de Vie-landgoed se ligging is ideaal vir só ’n konsert: Dis binne 35 minute van Kaapstad lughawe en 40 minute vanaf Kaapstad. Paarl is maar 8 minute weg en Franschhoek 15 minute. Drie hekke gee toegang tot die landgoed, insluitende die nuwe Bergrivier-hek en -brug wat jou toegang tot die landgoed gee van die R45 Simondium-pad – en wat slegs 15 minute weg is van Stellenbosch.
Die vertoning by die Ticketpro Dome in Johannesburg
Datum: 18 April 2019
Tyd: 20:00, hekke open 18:15
Kaartjies is van vandag af (25 Januarie 2019) beskikbaar by: www.bigconcerts.co.za