Hy is ‘n uiters veelsydige kunstenaar, akteur en televisie-aanbieder en het oor die jare verskeie indrukwekkende toekennings ingepalm. Sy nuwe enkelsnit “Sal jy?” getuig van sy passie vir die liefde en die lewe. Sy superster-stem en eerlike lirieke sal aanhangers se harte opnuut verwarm.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Foto: Willem Botha
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Sal jy?” gaan oor twee mense wat perfekte pasmaats kon wees. Hulle vind mekaar egter in verdraaide dimensies van ouderderdom en omstandighede. Schwartz skryf met wysheid, humor en helderheid oor `n liefde wat nie plek in Tyd kon vind nie, maar wel in Ruimte. Selfs al is die boek van hierdie Liefde reeds lankal toegemaak, steek die passievolle toon `n vuur van ewige hoop aan in hierdie rou, hartsgedrewe liedjie waarin daar gespeel word tussen die skakerings van verlange asook die oorgawe aan ‘n heilige ontasbaarheid. Daar is altyd Hoop. “Sal Jy? Want eendag is beter as niks nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die progressiewe video van “Sal Jy?” getuig van Schwartz se nimmereindigende rol as baanbreker.
Schwartz sê: “Die briljante digitale produksie ontwerper, Seun, het `n weergawe van my lied “Lief vir alles hier” op Instagram gedoen en dit vir my aangestuur. Daar was ‘n beeldskone gevoel van simboliek en hoe hy elemente laag op laag laat saampraat. Ons het begin gesels en toe “Sal Jy?” ‘n werklikheid word, het ek hom genader om vir my ‘n musiekvideo te maak. Ons geniet beide die proses van wisselwerking tussen sang, kuns en vertelling. ‘n Ontgunning van ‘n spasie waar eenderse denke gevier word.”
Die video kan beskryf word as `n “kosmiese digitale klankreis” verduidelik Seun. “My inspirasie kom vanuit die spasie tussen die kyker en die kunswerk. Wat gebeur in daardie spasie? Daar bestaan ‘n liminale ruimte, ‘n plek van oorgang of nostalgiese aantrekkingskrag. Ons speel dan veral met die konneksie en interaksie tussen hierdie beelde en elemente.”
André Schwartz is die enigste Suid-Afrikaanse manlike kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra, vir die naamrol in The Phantom of the Opera in Suid-Afrika. André se vertoning “Any Dream will Do – My pad met Webber” word op 3 en 4 Oktober by Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees. Die storielyn is ‘n verhandeling wat dié besonderse vriendskap ontgun, deur middel van musiek en gesprek.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Joshua na die Reën – oor sy nuwe album
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.