Amore Bekker – “Eet net eers iets!” – Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Leana Clunies Ross
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Amore Bekker het byna drie dekades gelede so half per ongeluk op die radio beland.
Iemand het met haar ’n onderhoud gevoer nadat sy op een van haar vele reise as ’n skaapskeerder in Nieu-Seeland gewerk het. Haar radiopad het haar via gemeenskapsradio en ander kommersiële stasies uiteindelik tot by RSG geneem, waar sy deesdae sorg vir daaglikse vermaak en inspirasie met Tjailatyd.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In ’n vorige onderhoud met rooi rose het sy vertel dat sy baie lank gebid het om vas te stel wat haar lewensdoel is. “Ek het al die tyd gesoek na ’n diep doel, maar toe besef ek die dinge wat my regtig diep gelukkig maak, is praat en kos. Daar is niks wat my gelukkiger maak nie! En as jy nou eers agtergekom het wat jou gelukkig maak, dan is jy mos elke dag in ’n goeie bui. Ek glo God het ons geskape omdat Hy ons wil geniet en sien dat ons geniet wat ons doen!”
Vir haar is daar ’n groot verskil tussen vreugde en geluk. “Geluk gaan op en af, maar vreugde is ’n konstante ding. Kom ons sê jy kry ’n boetekaartjie, of jy besef jy het vyf kilogram aangesit. Ja, dit maak jou ongelukkig, maar jou vreugde is iets dieper, die ding wat jou werklik gelukkig maak, jou passie.”
Ons het met Amore gesels oor ’n paar van die vreugdes in haar lewe.
Die lewe lyk net beter op ’n vol maag. As jy by kritieke besluite kom, eet net eers iets!
Ek het my pad gevind.
“No guts, no glory.”
Amore Bekker -“Eet net eers iets!”, foto deur Leana Clunies-Ross
Die swart en bruin vroue van ons land. Hulle het die moeilikste omstandighede, en trek aan die kortste ent. Tog werk hulle hard om hul kinders te help.
Beslis skaaptjops! En ek peusel graag aan neute, vrugte en biltong.
Kerrie is ’n goeie onthaalgereg, want jy maak hom ’n dag voor die tyd. Op die dag van die kuier is daar dan geen spanning as dit by voorbereiding kom nie. En die smaak is altyd ’n verrassing, selfs vir die sjef, want ’n kerrie smaak nooit dieselfde nie.
Honger en nuuskierig.
Gaan doen eers iets anders sodat jy ’n storie het om te vertel. Met ander woorde gaan lééf eers ’n bietjie. Gaan klop aan by ’n gemeenskapsradiostasie, en doen ondervinding op agter die mikrofoon.
Amore Bekker -“Eet net eers iets!”, foto deur Leana Clunies-Ross
My behoefte om ’n storie te vertel.
Die etiketkenner, Emsie Schoeman, het my aangenaam verras. Ek het ’n snobistiese dame verwag, en toe is sy ’n vreugdevolle platjie!
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.