Amor Vittone binnekort in Diepe waters: ‘Al wat my karakter soek, is liefde.’

Sy maak haar verskyning vanaf Woensdag 17 Julie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Leticia is ‘n ma van twee dogters, maar hulle is op universiteit, en sy het ’n leemte in haar lewe. Sy het twee mans verloor en voel of sy iewers soek om te behoort. Sy het Johannesburg toe getrek en by die kerk aangesluit, en dit is hoe sy vir Sanet ontmoet het. Al wat Leticia in haar lewe soek, is liefde. Sy is broos en soek nie aandag nie, maar wanneer sy dit kry, is sy oorweldig. Sy wys haar emosies en huil wanneer sy wil. Leticia het nie ’n lelike kant aan haar nie en sal vinnig jammer sê wanneer sy iets in ander mense se oë verkeerd gedoen het. Sy is sag en vriendelik, maar kan soms die lyn oorskry en té vriendelik wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die feit dat sy baie heeltemal anders as Zelda is wat ek in 7de Laan gespeel het. Leticia is broos, en ek het dit geniet om dieper te delf om by die karakter uit te kom. Dit is ook ’n plesier om teenoor mense te speel wat hulle ding ken. Nadia Valvekens (Sanet) en Eric Bouwer (Ben) is briljant, en dis lekker om daardie energie te kry wanneer jy voor die kamera is. Ek het ook die telenovela-formaat geniet omdat alles nie die hele tyd in ’n ateljee afspeel nie.

‘Flirt’ is een van daardie woorde wat maklik verkeerd gebruik kan word. Die tipe flirt wat Leticia doen, is nie oorweldigend nie. Sy weet sy is mooi, al is sy in haar vyftigs met ’n paar plooitjies, en sy weet sy het mooi borste wat sy graag beklemtoon, maar sy doen dit smaakvol.

Ek het nie eintlik geheime oor flirt nie. As die skoenlappers in jou maag of jou hart wakker word, is dit asof mens bietjie meer selfvertroue het om dinge te sê en doen wat jy dalk nie onder normale omstandighede sou sê of doen nie. Dalk het ek geflirt toe ek jonger was. Deesdae is ek meer spontaan.

Dis belangrik om oor jou gevoelens te praat. Wanneer ek oor iets wat my pla, praat, gewoonlik met my ma, susters of vriendinne, help dit beslis. Vra hulp as jy dit nodig het. Gevoelens van eensaamheid kan gebeur wanneer jy nie genoeg vir jouself doen nie. Gaan eet middagete saam met vriendinne, gaan stap, laat jou naels doen. Ek dink dit is ook belangrik om jou omgewing te verander – iets eenvoudigs soos om ’n plant te koop of jou meubels te skuif. Sluit by ’n klub aan soos Leticia, wat by Nuwe Nes aangesluit het, en ontmoet nuwe mense.

Moenie dadelik op iets reageer as jy in die oomblik iets gaan sê wat verkeerd opgeneem kan word of waaroor jy jammer sal voel nie. Dink eers daaroor en reageer dan. Soms is dit selfs nodig om net stil te bly. Dan ook: moenie jouself te veel kritiseer nie. Die lewe gaan in ’n blits verby. Waardeer elke oomblik van elke dag. Lag as jy moet lag en huil as jy moet huil.

Ek wil nog werk as aktrise doen. Ek wil graag weer nuwe musiek uitbring. En dan hou my AV-juwele my besig, en ek geniet elke oomblik. Maar al my planne gaan om my kinders en dit wat hulle wil doen. Al is hulle 18 en 20, is hulle steeds my eerste prioriteit.

Ek wil my naastes hê. As my pa nog hier was, my ma, my susters. Iemand wat ek graag wil ontmoet omdat sy in die musiekbedryf is en ’n briljante sakevrou is, is Taylor Swift. Ek dink dit sal lekker wees om saam met haar te kuier. Ook Jennifer Aniston, the girl next door, wat mooi na haarself kyk. Ek sal haar graag wil ontmoet.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jak de Priester oor KoppieTeeFontein se nuwe seisoen

Diepe Waters word Maandae tot Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dis ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geurige hoendersop

Jy kan selfs die karkas van die Sondaghoender gebruik om ’n heerlike, heilsame sop te…

16 hours Gelede

Lemoen-en-grenadella-kolwyntjies

Ons het fraai skoenlappertjies met plastiekversiersel gemaak en die kolwyntjies daarmee getooi. Jy kan ook…

20 hours Gelede

Voorblad-gereed: Hoe Donnalee Roberts op haar beste lyk en voel

As aktrise, skrywer, vervaardiger, fliekmaker, eggenoot en ma, het die veelsydige en talentvolle Donnalee Roberts al…

22 hours Gelede

MasterChef SA is terug op die kassie!

Die vyfde seisoen van MasterChef South Africa begin môreaand op kanaal S3 (voorheen SABC 3).…

4 days Gelede

Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Vroueharte verskil van dié van mans, die simptome van ons hartaanvalle lyk anders, en daar…

4 days Gelede

15 tekens wat aandui dat jou kind ’n sigprobleem het

Sigprobleme by kinders kan meestal maklik reggestel word, of darem verbeter. Kyk ’n slag goed…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.