kategorieë: Ons menseBekendes

Annerie Dercksen: Leer ken die Proteas se veelsydige krieketspeler

Annerie Dercksen, wat vanaf die plaaswêreld in die Beaufort-Wes-omgewing in die Wes-Kaap kom, is ’n dinamiese en geesdriftige krieketspeler met meer as een talent wie se opwindende spel met dié van die legendariese Marizanne Kapp vergelyk word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As kind het Annerie krieket op hierdie velde gespeel. Dis waar haar passie vir die spel, wat net so lewendig soos haar persoonlikheid is, gevorm is sodat hierdie veelsydige speler gereed is om vandag haar stempel op die wêreld af te druk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tans is sy besig om al haar aandag op die ICC T20-wêreldbeker vir vroue in Dubai te fokus. Haar reis tot hier is nie net sprekend van haar talent nie, maar ook haar veerkragtigheid en vasberadenheid wat in Suid-Afrika gevorm is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

(Foto: Darren Stewart/Gallo Images)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter invloed het jou grootwordjare in die landerye van Beaufort-Wes jou passie vir krieket en jou ontwikkeling as veelsydige speler gehad?

Om op ’n plaas groot te word, het ‘n groot invloed op my krieketplanne gehad. Ons het nie elektrisiteit gehad tot ek tien aar oud was nie, en daar was ook geen selfoonontvangs nie, so ek en my broer moes onsself vermaak. Ons het allerhande sportsoorte gespeel, maar krieket was die een wat ons albei die meeste geniet het. Ek dink dit is wat my in ’n veelsydige speler gevorm het, want om kans te kry om te kolf, moes ek my broer eers uitgeboul het! In die agterplaas wil almal die een wees wat kolf, so dit is wat my gedruk het om al twee vaardighede te ontwikkel — kolf en boul.

Om met ’n legendariese speler soos Marizanne Kapp vergelyk te word, moet opwindend en uitdagend wees. Hoe voel jy oor hierdie vergelykings, en wat beteken sy vir jou as ’n rolmodel?

Die eerste keer dat iemand my met Kapp vergelyk het, het ek amper gelag, want sy is in ’n liga van haar eie. Maar om eerlik te wees: Dis ’n eer, en die vergelyking laat my nederig voel. Sy was een van my helde toe ek grootgeword het. Toe ek die eerste keer by die span aangesluit het, was ek ’n bietjie geïntimideer deur haar weens haar intensiteit op die veld, maar toe ek haar van die veld af leer ken het, het ek besef sy is die vriendelikste mens wat baie omgee. Sy het my onder haar vlerk geneem en raad en leiding gegee. Dit was ongelooflik om by haar te leer, en ek is baie dankbaar vir alles wat sy vir my gedoen het. Om saam met haar te speel, is ’n droom wat bewaarheid is.

Watter aspekte van jou spel, glo jy, onderskei jou as ’n gerekende veelsydige speler, en hoe beoog jy om dié in die komende Wêreldbeker-kriekettoernooi ten toon te stel?

Dit is moeilik om te sê, veral as jy saam met ervare veelsydige spelers soos Chloe Tryon, Marizanne, Suné Luus en Nadine de Klerk speel. Hulle het soveel internasionale ervaring. Vir my gaan dit daaroor om by hulle te leer en om tot die span by te dra op watter manier ek ook al kan. Ek hou daarvan om te dink ek is redelik buigsaam – ek kan kolf, boul of enige rol vervul wat nodig is. Wanneer ek kolf, hou ek daarvan om aggressief te wees en die wedstryd aan te pak, maar uiteindelik wil ek net die span help op enige manier wat nodig is.

(Foto: Darren Stewart/Gallo Images)

Was daar ’n presiese oomblik in jou krieketloopbaan wat jou aangespoor het om die sport op ’n hoër vlak te volg?

Ek was mal oor alle sportsoorte toe ek grootgeword het, en ek het nooit regtig beplan om krieket ’n loopbaan te maak nie. Ek het net daarvan gehou om te speel en tot my span by te dra. Maar in 2023 het ek onverwags ’n oproep gekry om deel van die Wêreldbeker-groep te wees, en die halfeindstryd teen Engeland was die oomblik waar dit my regtig getref het – dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. Nou leef ek die droom, speel krieket vir ’n lewe, en ek voel ongelooflik geseënd. As ek vir my jonger self kon sê dat dit is wat ek sou doen, dink ek sy sou oor die maan wees!

(Foto: Darren Stewart/Gallo Images)

Soos Annerie gereed maak om op die wêreldverhoog klim, beliggaam sy die gees van ’n nuwe generasie krieketspelers wat nie net toegewyd is aan hul kuns nie, maar ook geïnspireer is deur die nalatenskap van diegene wat voor hulle gekom het.

Met haar oë gerig op die trofee en ’n hart vol hoop vir die toekoms van vrouekrieket, is sy vasbeslote om haar stempel af te druk, haar spanmaats op te hef en jong meisies regoor Suid-Afrika te inspireer om hul drome na te jaag – een lopie en een paaltjie op ’n keer.

Lees ook: Liam Bosman loer weer in by ‘Diepe Waters’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy uitgebrand?

Dinge verander gedurig by die werk. Daar is nuwe uitdagings en soms gerugte van afbetalings…

2 hours Gelede

“Empaths”: 16 wenke om jou energie te beskerm en te herstel

’n Empaat of "empath" beleef ander se emosies en/of fisieke sensasies letterlik in hul eie…

6 hours Gelede

12 heerlike broodresepte wat jy nou moet bak

Bak jou eie brood! Probeer hierdie 13 heerlike resepte - daar is selfs resepte vir…

7 hours Gelede

Jy en jou bra: 5 algemene wanopvattings

Jou bra moet jou beste vriendin wees, maar sak jou gemoed as jy net aan…

23 hours Gelede

‘Laataand by Rian’– Peet Viljoen: ‘Die koshuis en geboelie het my gemaak wie ek vandag is’

Die voormalige prokureur en mede-eienaar van Tammy Taylor Nails South Africa, Peet Viljoen, was Dinsdagaand…

24 hours Gelede

Kerriehoenderpastei met maklike aartappeldeeg

Bestanddele   200 g bruismeel 150 g koue botter 200 g gaar kapokaartappels (mashed potatoes),…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.