Of ek dit ooit op my eie sou doen weet ek nie. Soms het ’n mens ’n hupstootjie nodig. Of, in my geval, ’n stamp. Na ’n lang, suksesvolle en baie opwindende korporatiewe loopbaan was dit tyd vir ’n ander koers inslaan. Die detail van wie, wat, waar, wanneer en waarom maak nie regtig meer saak nie. Dis immers ses jaar later.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ses jaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dít maak saak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek onthou die eerste dag goed. Ma’t geweet (soos net ma’s weet, al is jou kind diep in die dertig) en geld in my bankrekening inbetaal.
“Gaan koop vir jou ’n lessenaar. Maak vir jou ’n kantoor by die huis. Jou plek. Kry jou sit. Maak koffie. Koffie is altyd ’n goeie begin. Dink. Dan begin jy. Jy’t ’n nuwe kans. Jy kan. Dit gaan so lekker wees.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ja Ma.
Ek het die geld gevat en op die Kaapse kusdorp Stanford met sy rye loer winkels en eet plekke vir my ’n groot, swaar, wye lessenaar met baie laaie gaan uitsoek. Een met genoeg plek, soos Ma ons geleer het. “’n Lessenaar moet genoeg laaie hê,” hoor ek haar.
Vir wat? Het ek stilweg gewonder, maar tóg aanhou glo. Ek moes. En toe sommer ’n stoel en ’n kas ook in die begroting ingepas.
Dankie Ma.
Die meubels in die voorste vertrek van ons huis in suburbia het plek gemaak vir ’n nuwe begin. Ek het my sit agter die lessenaar gekry. Weer gewonder. Wat?
Daar was nie meer tyd om te tob oor die hoekoms en waaroms nie. Die kwaad-deurmekaar in my kop het plek gemaak vir ’n nuwe plan.
Ek moes werk. Meer nog: ek wou.
As kind van die tagtigs het Koos du Plessis in my kop bly maal. Ek het die blou digbundel kort na sy dood op Stellenbosch gekoop. Om jou verlaas te groet. Die nagelate verse het ’n ereplek in my hart en huis gekry.
Agter die nuwe ou lessenaar op die nuwe ou stoel is dit die eerste gedig in die bundel wat bly maal.
Ambisie
Tog wens ek soms ek was
Iets meer as sommer net
Iets soos die skilderkwas! –
Iets méér as die palet.
Soos ek my sit in die voorste vertrek in ons huis gekry het, het die prentjie stelselmatig duideliker geword. Die sakeplan het vorm gekry.
Ek wou meer wees as wat ek was. Die skilderkwas. Cliché of te nie, ek wou ’n verskil maak.
In my eie tyd. As my eie baas.
Om ’n besigheid vir iemand anders te bestuur is baie anders as om vir jouself te werk. Binne die eerste maand moes ek leer:
• Die Baas is oral. Jy slaap saam met die Baas, jy fliek saam met die Baas. Jy is Baas.
• Hou op dink.
• Doen.
• Doen alles.
• Vinnig.
• Baie vinnig.
• Moenie uitsoekerig wees nie.
• Wees lief vir jou mense.
• Maar wees liewer vir die Baas.
Dis ses jaar later. Die kantoor in suburbia se voorste vertrek het plek gemaak vir ’n regte kantoor tussen ander kantore. Die Baas het ’n wonderlike span en ’n rits kliënte. Ek werk en skep werk. En ek’s dankbaar.
Die blog is ’n volgende stap. Ek wil praat met vroue (en mans) soos ek. Lesse in skoolgeld-betaal deel. Praat oor moeilike goed soos sake planne, tydsbestuur, kliënte en nog moeiliker goed soos balans, verhoudings, kind-grootmaak . . . sommer-net praat.
Want om jou ambisie na te jaag is nie maklik nie. Dis ’n eensame, opwindende pad. Wat ek vir niks verruil nie.
Soos Koos sê:
Tog wens ek soms ek was
Iets meer as sommer net
Iets soos die skilderkwas! –
Iets méér as die palet.
Tot volgende week,
Marí
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.