Amasi-platbrood

Resep:  ‘Dairy Gives You Go

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 2 koppies koekmeel
  • ¾ koppie Amasi
  • ¼ koppie kookolie (sonneblom of canola olie)
  • ½ teelepel bakpoeier
  • Knypie sout

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Meng die koekmeel, sout en bakpoeier saam in ‘n groot mengbak.
  2. Voeg die Amasi en olie by. Gebruik jou hande of ‘n elektriese menger om al die bestanddele deeglik te meng.
  3. Sodra die deeg ‘n sagte mengsel vorm, knie dit vir ‘n paar minute tot die deeg ‘n gladde en egalige tekstuur het. Vorm ‘n ronde deegbal en bedek dit met ‘n nat kombuislappie of kleefplastiek. Laat die deeg vir ongeveer 15 minute rus.
  4. Haal die deeg uit en plaas dit op ‘n meelbestrooide oppervlak. Druk dit effens plat en verdeel die deeg in 8 eweredige dele. Vorm gholfbal grootte deegballe en plaas dit eenkant tot benodig.
  5. Gebruik ‘n plat, onbedekte pan en verhit dit oor medium hitte. Rol elke deegbal uit met ‘n koekroller om klein ronde platbrode te vorm. Smeer die pan liggies met olie en plaas elke platbrood een vir een in die warm pan.
  6. Bak die platbrood 40 sekondes en keer dit dan om. Bak aan die ander kant vir een minuut en keer dit dan weer om. Daar behoort lugborrels in die deeg te vorm.
  7. Sodra die brood goudbruin van kleur is, is dit gereed om uit die pan te verwyder.
  8. Die platbrode kan met ‘n verskeidenheid van smere of bestanddele bedien word. Gebruik byvoorbeeld roomkaas, pangebraaide kersietamaties, vars basiliekuid, sout en gemaalde peper, en geniet!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

3 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

4 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

3 days Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.