Resep deur Rediscover Dairy
Bestanddele
- 500 ml (2 kop) vars room
- 500 ml (2 kop) amasi (maas)
- 250 ml (1 kop) kondensmelk
- 5 ml (1 teelp) vanillageursel
- 1 kop dubbellaag sjokoladekoekies, grof gebreek
Metode
1. Voer ‘n broodpannetjie met kleefplastiek uit en plaas in die vrieskas om te verkoel.
2. Meng die vanieljegeursel en kondensmelk in ‘n mengbak saam.
3. Klits die room met ‘n elektriese menger tot die sagtepunt stadium
4. Voeg die kondensmelk met die vanillageursel en die amasi by die geklopte room en meng goed totdat al die bestandele goed geinkorporeer is.
5. Sodra die roomysmengsel goed gemeng is, vou die gebreekte sjokoladekoekies in.
6. Skep die mengsel uit in die verkoelde broodpannetjie en plaas in die vrieskas vir 3 – 4 uur totdat die roomys goed gevorm is.
7. Wanneer die roomys gereed is, keer dit uit op ‘n bord, sny in porsies en bedien dadelik.
Lees ook: Maklike klapper-en-aarbei-fudge