kategorieë: GebakKos

Amandeltruffels

Genoeg vir 20 baie lekker blokkies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bolaag moet verkieslik oornag set, maar as jou tyd knap is, kan dit binne 3-4 uur in die yskas set.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 150 g heel amandels, met die skil
  • 90 g (½ k) koekmeel
  • 100 g (105 ml) strooisuiker
  • 50 g botter + ekstra om die pannetjie mee te smeer
  • 150 g melksjokolade, in klein stukkies gekap
  • 2 groot eiers

Bolaag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 350 g sjokolade, helfte donker- en helfte gewone melksjokolade, ruweg gekap
  • 225 ml dubbeldikroom

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige 20 cm-pannetjie (’n pan met ’n losboom werk goed) met botter en voer met bakpapier uit. Strooi kakao in die pannetjie en stamp die ergste kakao uit.
  2. Rooster die amandels vir ’n paar minute in ’n pannetjie. Laat afkoel.
  3. Maal 100 g van die neute, meel en suiker in ’n voedselverwerker tot ’n growwe mengsel. Kap die res van die neute ruweg met ’n mes en meng by die meel.
  4. Smelt die botter in ’n kastrolletjie en voeg die sjokolade by. Laat effens smelt en klop glad.
  5. Haal van die hitte af en voeg die eiers een vir een by terwyl jy die mengsel deeglik klop.
  6. Voeg die neutmengsel by en meng goed deur. Skep in die pannetjie en maak gelyk met ’n paletmes.
  7. Bak vir 15-20 min. Haal uit en laat in die pannetjie afkoel.
  8. Bolaag: Sit die sjokolade in ’n mengbak. Kook die room in ’n klein kastrol tot dit net begin borrel en gooi oor die sjokolade. Roer tot dit gesmelt is en effens begin verdik. Gooi oor die amandelbasis in die pannetjie en laat set in die yskas. Dit duur sowat 3 uur, maar dis beter as jy dit oornag kan laat set, want dit sny makliker.
  9. Keer uit die pan, sny in blokkies en smul!
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.