Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
750 ml (3 k) fyn gemaalde amandels
’n knypie sout
2,5 ml (½ t) bakpoeier
7,5 ml (1½ t) kaneel
5 ml (1 t) gemaalde neutmuskaat
4 eiers
20 ml (4 t) heuning
125 ml (½ k) jogurt
1 ryp piesang, fyn gedruk
250 g spekrepies
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) heuning + ekstra
4 piesangs
Instructions
1 Lemoenstroop: Meng 125 ml (½ k) heuning, die gerasperde skil van 1 lemoen en die sap van 'n halwe lemoen in ’n klein kastrol en kook af tot effens verdik. 2 Meng die amandel, sout, bakpoeier, kaneel en neutmuskaat. 3 Meng die eiers, heuning, jogurt en ryp piesang en klop met ’n elektriese klitser. Voeg die mengsel by die amandelmengsel en meng tot glad. 4 Spuit die wafelpan met kleefwerende kossproei en skep sowat 45 ml (3 e) van die mengsel op die warm pan. Braai aan elke kant tot goudbruin – draai die wafelpan gereeld sodat die een kant nie donker brand nie. 5 Braai die spekrepies in ’n warm pan tot bros. Hou eenkant. 6 Smelt die botter en heuning in dieselfde pan en braai die piesangskywe daarin tot goudkleurig. Draai versigtig om, want hulle breek maklik. 7 Sit die wafels voor met dubbeldikjogurt, toffiepiesangs en lemoenstroop. En o ja, onthou die bros spek.