1 Lemoenstroop: Meng 125 ml (½ k) heuning, die gerasperde skil van 1 lemoen en die sap van 'n halwe lemoen in ’n klein kastrol en kook af tot effens verdik.Amandel-en-jogurt-wafels
Ingredients
Instructions
2 Meng die amandel, sout, bakpoeier, kaneel en neutmuskaat.
3 Meng die eiers, heuning, jogurt en ryp piesang en klop met ’n elektriese klitser. Voeg die mengsel by die amandelmengsel en meng tot glad.
4 Spuit die wafelpan met kleefwerende kossproei en skep sowat 45 ml (3 e) van die mengsel op die warm pan. Braai aan elke kant tot goudbruin – draai die wafelpan gereeld sodat die een kant nie donker brand nie.
5 Braai die spekrepies in ’n warm pan tot bros. Hou eenkant.
6 Smelt die botter en heuning in dieselfde pan en braai die piesangskywe daarin tot goudkleurig. Draai versigtig om, want hulle breek maklik.
7 Sit die wafels voor met dubbeldikjogurt, toffiepiesangs en lemoenstroop. En o ja, onthou die bros spek.