30 ml (2 e) rooi kerriepasta, kry dit in supermarkte by die speseryafdeling
300 g bruin basmatirys
100 g sagte appelkose, middeldeur gesny
1 koppie gaar varkvleis, in repies geskeur
gerasperde skil en sap van een suurlemoen
’n hand vol vars koljanderblare
50 g (’n halwe pakkie) gevlokte amandels, gerooster
Instructions
Soteer die uie in die verhitte olie vir 3-4 min. of tot die uie sag is. Voeg die knoffel en kerriepasta by en soteer tot deurwarm.
Voeg die rys by en meng tot dit met die olie bedek is. Voeg die aftreksel en die gekapte appelkose by. Bedek en kook tot die rys al die vloeistof geabsorbeer het.
Voeg die suurlemoenskil en -sap, asook die varkvleis by. Meng goed. Roer die gekapte koljanderblare by. Strooi die geroosterde amandels oor.