kategorieë: Ons menseBekendes

Amalia Uys: straal weer

Amalia Uys straal ’n nuwe warmte uit. Sy moes sowat twee jaar gelede die verlies van haar suster se dood en ’n verbreekte verhouding verwerk, maar sy is daardeur. “Ek het geleer dat dit van jouself afhang hoe jy krisisse hanteer. Ek is deesdae baie gelukkig en gemaklik met wie ek is. Ek is rustiger. Ek voel ek het grootgeword.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Haar ouers woon sedert hul aftrede aan die Weskus en sy sien hulle deesdae minder. “Dis nou soos ’n vakansie wanneer ek daar gaan kuier. Ek kan my skoene uitskop, op ’n boot gaan ry en met die honde speel. Ek is lief vir die Weskus.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy is na aan haar ouers en haar ma is haar beste vriendin. “Ons was baie in mekaar se geselskap toe sy my op skool tussen drama- en balletklasse moes rondkarwei. Sy het ure lank in die motor vir my gesit en wag.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het van graad een tot matriek ballet geneem, maar toe moes sy tussen drama en ballet kies. Sy glo sy is ’n beter aktrise as danser. “Toe ek Johannesburg toe trek, het ek by die South African Ballet Theatre se gevorderde volwasse groep aangesluit. ’n Prima ballerina sou ek nie kon wees nie, al het ek baie goeie punte vir ballet gekry. Toneelspeel is my groot liefde en ek kon my heeltemal daarin uitleef. ”

“Ek weet ek moes ná skool meer strategies gedink het en dalk meer na my ouers geluister het. Hulle het my gewaarsku dat ek ’n moeilike loopbaan kies, maar hoe langer ek in die bedryf is, hoe meer besef ek ek hoort in ’n kreatiewe veld. Ek is omring deur mense wat soos ek dink en my gelukkig maak. En al is dit baie harde werk, weet ek ek sal in geen ander beroep soveel pret kan hê nie. Ons lag soms só baie op stel. Wanneer daar iets snaaks gebeur, stop ons eers alles om te lag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek weet nie of ek ooit in ’n kantoor sou kon aard nie, maar ek kan die moontlikheid nie uitskakel nie.”

Sy beskryf haar persoonlike styl as klassiek maar met ’n Boheemse streep. Sy hou van ’n klassieke, sensuele styl soos dié van Coco Chanel en die Hollywood-voorkoms met krulle en rooi lippe. Dit moet net nie oordryf word nie, voeg sy vinnig by. “Ek wil nie ’n poppie-beeld hê nie. Ek wil liewer as gebalanseerd en wêreldwys beskou word. Ek is nie die meisietjie-tipe nie.”

Dis vir haar ’n kompliment wanneer mense haar as ’n go getter beskou. Sy deins nie terug vir groot uitdagings en avonture nie. Sy wil ook nie gestereotipeer word nie en haal Andy Warhol aan: “‘Labels are for cans and not for people!’”

Sy het ook onlangs die Enneagram-persoonlikheidstoets gedoen en dink die opsomming van haar is na aan die kol. Sy is ’n persoonlikheid 4 en is ’n individualis en baie emosioneel en sensitief.

“Vanweë my persoonlikheidstipe ervaar ek alles wat met my gebeur baie intens, maar my ouers is my ankers en mentors. My pa is nie ’n mens met nonsens nie. Hy hou my stabiel. Ek het onlangs my kar afgeskryf in ’n stadium toe ons met ’n fliek besig was en ek het vreeslik oor die foon gehuil toe ek met hom praat. Hy het net gesê: ‘Amalia, dis nie nou die tyd om te huil nie. Raak nou rustig, haal diep asem en hanteer die situasie.’”

Sy sê haar pa kan ook baie sensitief wees, maar sy weet hy gee die regte raad. “Ek gaan nou elke keer daaraan dink as dinge te veel raak. My ma is die meer koesterende een. As sy raad gee, weet ek ek gaan weer oukei wees.

“Humor het my ook al deur ’n paar moeilike jare gehelp. Dit gee my balans en help my inskakel op die kanaal waarin ek onthou dat ek kan kies hoe om die saak op te los.”

Baie mense brand uit, maar sy kon nog altyd die pas betyds verslap. Dis waar balans en humor inkom. Eckhart Tolle se boek The Power of Now het ook ’n groot invloed op haar gehad. Sy tob nie oor die verlede of toekoms nie, want sy voel sy kan aan die verlede niks verander nie en baie dinge kan in die toekoms gebeur. Sy probeer die oomblik geniet.

“Ek weet ek is baie bevoorreg. Soms wonder ek wat ek gedoen het om so bevoorreg te kan wees maar dan besef ek dit is net genade.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

12 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

12 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

13 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

13 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

15 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.