Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die middag het nie net ‘n ikoniese wyn gevier nie, maar ook ikoniese wynmakers, waarvan ‘n hele paar by die proe teenwoordig was.
Die 2022-oesjaar is met die geleentheid vrygestel, nadat dit eers in vate en toe in die bottel verouder is. Alto Rouge word altyd twee jaar na die oesjaar vrygestel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die plaas wat tussen Somerset-Wes en Stellenbosch teen die hange van die Helderberg lê, is in 1693 deur Simon van der Stel toegeken. In 1909 het Hennie Malan die plaas, Groenrivier, gekoop en tien jaar later die grootste gedeelte van die plaas verkoop en vandag is daardie deel onder meer tuiste van Ernie Els en Uva Mira.
Eers het almal oor vonkelwyn en peuselhappies oor die vallei uitgekyk wat tot aan die voete van Tafelberg strek, voor die proe in die 102-jaar-oue wynkelder by kerslig aangebied is.
Daar het gaste vyf oesjare – 2017, 2019, 2020, 2021 en 2022 – geproe, terwyl verskeie sprekers hoogtepunte uit die kelder se geskiedenis gedeel het. Die versnitte verskil elke jaar omdat net die beste druiwe uitgesoek word, maar vir die historiese 2022-oesjaar is die samestelling 44% Cabernet Sauvignon, 42% Shiraz, 12% Cabernet Franc en 2% Petit Verdot. Van die ander oesjare wat geproe is, het onder meer Merlot en Shiraz-komponente gehad.
Hennie se seun, Manie, die plaas se eerste wynmaker, het onder die geskiedkundige Abraham Izak Perold geswot en met sy raad is Cinsault, Cabernet Sauvignon en Shiraz aangeplant en met dié drie variëteite wat hier teen die hange van die Helderberg sou floreer, is die Alto Rouge versnit gebore. Die eerste oes was in 1922 en die eerste Rouge is in 1924 vrygestel. Dit was ‘n versnit van 60% Cinsault, 20% Cabernet Sauvignon en 20% Shiraz. Die eerste oesjaar is die volgende jaar na Burgoyne’s, ‘n bekende Londense wynhandelaar, uitgevoer. Dis in vate uitgevoer en oorsee gebottel.
Dis as Boergoendiese styl rooiwyn gemaak en oorsee só bemark.
Manie skryf van 1924 tot 1929 die 1922-oejsaar by die Kaapse Skou in en wen vir ses agtereenvolgende jare die top-prys vir “Rooi wyne, Boergondiese styl”.
Ná die sukses van Alto Rouge oorsee, word Alto Rouge in 1933 in Suid-Afrika as gebottelde wyn vrygestel en dis sedertdien een van die land se gewildste handelsmerke.
Manie was tot 1959 die wynmaker en die plaas het sedertdien nog net vier ander wynmakers gehad: Piet du Toit (1959-1983), Hempies du Toit (1983-2001) Schalk van der Westhuizen (2001-2015) en Bertho van der Westhuizen sedert 2015.
Vandag bestaan Alto uit 92 hektaar wingerd en verskeie aanplantings word regoor die plaas onderneem. Hieronder is onder meer 12 hektaar Cabernet Franc wat verlede jaar geplant is en ‘n verdere 4.5 hektaar vanjaar.
Sowat 95% Alto Rouge word in die plaaslike mark verkoop.
Een van die Stellenbosch wynlande se bekendste wynmakers, Neil Ellis, het vertel dat die vorige oesjare baie Cabernet Franc-gedrewe was en dit maklik geproe kan word. “Dit maak mooi en elegante wyne.” Hy het ook genoem dat die 2017 en 2019 mooi stadige veroudering geniet het en dit uitstekende wyne is.
Bertho het vertel dat Cabernet Franc een van die Helderberg-terroir se sterk punte is.
Hy het in die 2021 en 2022 die wynstyl effe aangepas en die Alto Rouge oesjare is Cabernet Sauvignon-gedrewe en jy kan die rigtingsverandering proe.
Bennie Howard, Kaapse wynmeester, het gesê die sukses van versnyding in die Suid-Afrikaanse wynbedryf is by plase soos Alto gebore. Die versnyding word voor fermentasie gedoen en hy het bygevoeg: “Ek is op trots op ons Suid-Afrikaanse wynmaak-geskiedenis. Ons het nie destyds toegang tot al die kennis en hulpmiddels gehad nie en steeds voortreflike wyne gemaak.
Hy onthou ook hoe die wynkenners in 1974 voorspel het dat die rooiwyntekort die toekoms van die Suid-Afrikaanse wynbedryf gaan wees.
Ná die lekker wynproe, is daar na die restaurant en proelokaal beweeg vir die noenmaal. Gaste het begin met ‘n verskeidenheid kreatiewe broodgebak met hoemoes, pesto en botter. Hoofgereg was ‘n keuse tussen gesmoorde springbokskenkel met mosterd biltong kapokaartappels, pampoenkoekies, gekarameliseerde baba uitjies en Alto Rouge jus of geroosterde vis met pietersielie baba-aartappels, safraan mosselsous, seisonale groen groente, tamatie-salsa en mikro-kruie. En mens kan mos nie erfenis vier sonder melktert nie! Nagereg was inderdaad dié gebakte lekkerte met rooibosroomys.
En vir dié wat nog ‘n gaatjie gehad het, was daar koffie en koeksisters. Intussen is daar ook verskeie ouer Magnums geopen, sodat gaste die wyne se uitstekende verouderingspotensiaal kon proe.
Die program van die dag het afgesluit met ‘n aanhaling van Manie Malan: “How do you learn to make wine? It flows from the love you have for it. The love connects the sense of art from within.”
En dat liefde en kuns by Alto hande neem en saamdans, is gewis.
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Hierdie webwerf gebruik koekies.