ALS/MNS Fondsinsameling “High Tea”. Inligting verskaf.
Op 10 Maart 2019 sal daar ’n “high tea” gehou word om fondse in te samel vir ALS/MNS-pasiënte by die Riverstone Lodge in Muldersdrift.
Vermaak sal verskaf word deur Reaching Infinity en dansers.
Toegang kos R2 000 per tafel of R200 per persoon. Hierdie kaartjie sluit eetgoed vir die tafel en koffie of tee per persoon in.
Kaartjies moet vooraf bespreek word. Om kaartjies te koop en vir verdere inligting, skakel gerus vir Bernice op 011 954 2327