Almero Welgemoed: Propvol talent! – Hooffoto: verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Tyd en die verloop daarvan is vir my ’n interessante konsep. My broer het eendag vir my gevra hoekom ons name het vir die dae van die week, en nie net elke dag “vandag” noem nie. Maandag simboliseer ’n begin. Iets nuuts.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek en die platemaatskappy (Kanada Records) het vir Danie gevra om saam met my aan die vervaardiging van sekere liedjies op die album te werk. Hy het tot my verbasing ingestem en ek, my broer en twee vriende het ’n week lank in Danie se woonstel gaan kampeer om aan die liedjies te werk. Ek dink Danie is die beste skrywer in Afrikaans – dit was ’n droom om saam met hom te werk.
Dis ’n versameling skryfstukke oor donker temas. Dit bevat baie stories van vriende, of mense in my lewe wat trauma ervaar het. Aanvanklik dink die leser die stories staan alleen, maar namate jy lees, besef jy die stories is almal gekoppel. Daar is briewe, gedigte, gesprekke en stories, en almal is kort en kragtig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ons het vroeg in 2015 Mosselbaai toe getrek om ’n nuwe fase te beleef en omdat ons albei lief vir die see is. Ons het ses maande daar gewoon maar toe baie werkgeleenthede in Johannesburg gekry en hierheen verhuis. Baie van die geleent-hede is danksy Bouwer se betrokkenheid. Ons het ook heelwat musiekprojekte saam aangepak.
Ek dink liefde is onlosmaaklik deel van my geloof. In my lewe is dit die fondament van my besluite, leefwyse en ervaring. Ons almal se definisie van liefde verskil, so om hieroor te praat is baie subjektief en persoonlik.
My broer is ’n video-graaf en fotograaf en met sulke projekte is ek sy handlanger. Die administratiewe deel en dinge soos menseverhoudings is weer my afdeling. Nico help my baie met die vervaardiging van musiekprojekte. Die vreugde lê daarin dat ons mekaar se passies verstaan en deel, asook heeltyd bymekaar leer.
Ek het in Bloemfontein grootgeword waar ons al die jare in dieselfde huis gewoon het. My gesinslede is almal verskriklik lief vir musiek. My ouerhuis was en is ’n onge-looflik veilige plek.
My inspirasie is die onbekende skrywers en musikante wat nooit in die kollig verskyn nie. My vriende. My broer. Spoegwolf. Joshua na die Reën. Met skryfwerk is ek weer eens verlief op die werk van my vriende, soos Danie en Marc Barron.
Die afgelope jaar is YouTube-kykers ook aan die afneem. Waarom weet ek nie, maar ek glo ’n nuwe platform sal binne-kort weer die leisels oorneem. Feeste doen merkwaardige werk, maar ongelukkig is dit ook net vir ’n sekere mark.
Op kort termyn: Ek en my broer werk tans aan ’n kortfliek-reeks en ek hoop dit sien eersdaags die lig. Op lang termyn: Ek wil ’n maand lank in ’n afgeleë woud gaan woon waar ek nie die taal verstaan nie.
Lees, drink koffie, maak kuns en slaap.
Vakansieplek?
Die see.
Seisoen?
Herfs.
Boek?
‘Challenger Deep’ deur Neal Shusterman.
Rolprent?
Captain Fantastic.
CD?
Swaartekrag deur Spoegwolf.
Happie en drankie?
Kaaskoek en koffie.
Polenta is grof gemaalde geelmieliemeel en word veral in Italiaanse kookkuns gebruik. Dis ook wonderlike…
Deur Mariette Snyman As jy of iemand na aan jou gordelroos – ook bekend…
Baie kinders spartel met wiskunde, en wanneer daar druk op hulle geplaas word om te…
Foto's: Getty Images Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…
Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen: Oefen…
Hierdie webwerf gebruik koekies.