Almal praat oor podsendings

Almal praat oor podsendings verwerk van die artikel Here’s how to listen to podcasts on your next road trip deur Leigh Hermon in Country Life deur Hannelie Diedericks en Catherine Schenck.  Hooffoto: iStock/LiliGraphie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy al in ’n gesprek by die kantoor gehoor van jou twee kollegas wat gesels oor die nuutste podcast oor ’n groot politieke skandaal, of by die etenstafel gehoor hoe jou swaer vertel van sy sportheld se beste raad op dié se podsending – en nie geweet het waaroor hulle gepraat het nie, of nie eens geweet het daar bestaan iets soos podsendings nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wel, kom ons probeer jou help.

iStock/damircudic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So, wat is podsendings nou eintlik?

Podsendings, of podcasts, is aflaaibare radio- of oudioprogramme waarna jy op jou rekenaar of slimtoestel kan luister.

Alhoewel jy toegang tot die internet benodig, kan jy besluit of jy dit direk wil stroom en of jy dit wil aflaai om later daarna te luister. Dit beteken jy kan enige tyd, enige plek teen jóú pas daarna luister, wat dit lekkerder as radio maak, want jy val nie net halfpad deur die gesprek in nie. Jy kan van begin tot einde luister, soos dit jou pas.

’n Mens kry deesdae podsendings oor byna enigiets, soos die ekonomie, die jongste nuus, geskiedenis, leefstyl, ware misdaad, fiksie en vermaak – onder andere. As jy aan ’n onderwerp kan dink, kan jy amper seker wees dat iemand iewers daaroor gesels op ’n podsending. Dis net ’n internetsoektog ver …

Lees ook: Ken jy memes?

iStock/damircudic

“Podsendings klink maar net soos glorified radioprogramme. Hoekom is dit so gewild?”

Soos ons genoem het, is daar ’n podsending vir elke geit en gier, of jy nou belangstel in visvang, misdaad, verhoudingsraad of selfsorg – ons verseker jou, jy gaan iets vind wat in jou smaak val. Nooit weer hoef jy na ’n vervelige gesprek te luister terwyl jy in die verkeer vassit nie.

Podsendings kan beide vermaaklik én leersaam wees – beslis ’n wen-wen-situasie!

Jy kan luister, pause, en stop wanneer dit jóú pas. Nooit as te nimmer weer sal jy halfpad deur ’n interessante gesprek op die radio by die werk aankom en dan nie na die einde kan luister nie. Nee, met podsendings kan jy net dit stop totdat jy weer ’n kans kry om die res klaar te luister.

Gepraat daarvan, jy kan letterlik enige tyd na podsendings luister: terwyl jy bestuur, werk, oefen, skoonmaak, aantrek, of vir die kinders by die skool wag. Al wat jy benodig is jou slimtoestel!

Behalwe die datakoste is dit gewoonlik verniet om podsendings te luister. Jy hoef nie subskripsies te betaal of iets anders uit jou sak haal om toegang te hê tot ’n magdom inligting nie.

Lees ook: Hoe werk Bitcoin?

iStock/MangoStar_Studio

Maar waar begin ek?

Kortliks, enige plek! Maar omdat ons so behulpsaam is, het ons vir jou ’n paar oulike wegspringplekke gevind …

Die Britse koerant, The Guardian, het ’n baie oulike lysie saamgestel oor die 50 podsendings waarna almal moet luister en daar is regtig iets vir elke smaak – Klik hier

Die tydskrif Vulture het ook hul top 100-podsendings in ’n nuttige lysie volgens genre ingedeel: Lees dit hier

Om uit te vind waaroor almal nou gesels, loer hier om te sien wat gewild was in 2018 en hier om te sien wat sover die gewildste podsendings van 2019 is …

En hou gerus ons webwerf dop oor nog nuus en inligting oor podsendings …

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

15 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.