Onthou jy nog vir Maverick? Die rol wat akteur Tom Cruise (54) in 1986 se kommersiële sukses Top Gun vertolk het en sy pad in Hollywood oopgemaak het. Die fliek word vandag nog onthou en nou kan aanhangers uitsien na die opvolg – Top Gun 2.
Tom Cruise het hierdie nuus self bevestig toe hy op toer was om sy nuwe fliek, The Mummy, te bemark, het Sky News berig.
“It’s happening, it’s definitely happening,” het hy gesê.
Jerry Bruckheimer, wat die oorspronklike Top Gun vervaardig het, het in Januarie vanjaar ’n foto op Twitter gedeel waar hy saam met Tom Cruise is. Hy het by die foto gesê het hy en Cruise het die opvolg bespreek.
Just got back from a weekend in New Orleans to see my old friend @TomCruise and discuss a little Top Gun 2. pic.twitter.com/vA2xK7S7JS
— JERRY BRUCKHEIMER (@BRUCKHEIMERJB) January 26, 2016
Tom Cruise is een van daardie mans wat met ouderdom meer aantreklik word. Kyk net hoe goed lyk hy op 54-jarige ouderdom!
Tom Cruise se fliek, The Mummy, sal na verwagting in Junie vanjaar in Suid-Afrika begin wys. Kyk hier na die lokprent: