kategorieë: Video'sOntspanning

Almal praat hieroor: Reggie Dreyer

As ’n agtienjarige wonderkind het Reggie Dreyer vir ’n oudisie by die Kaapse Filharmoniese Orkes met Piano Concerto No 23 in A deur Mozart gegaan. Alhoewel sy oudisie ’n reuse sukses was, was die wette van daardie tyd daarteen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dreyer het in 1993 as voltyds musiekonderwyser afgetree, maar werk steeds deeltyds in koor-opleiding by die South Peninsula Hoërskool in Diep Rivier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op Dinsdag, 7 Maart 2017, was Dreyer die hoof-attraksie in die optrede deur die Kaapse Filharmoniese Orkes by die Artscape Theatre Centre se etensuurkonsert. Hy het toe kans gekry om dieselfde stuk deur Mozart waarmee hy 56 jaar gelede die oudisie gedoen het, vir die gehoor te speel. Toe die laaste note van sy klavier weggedryf het, is hy met ’n dawerende applous toegejuig. Sy droom het uiteindelik waar geword! Van Dreyer se vorige musiekleerders was ook by die konsert om hom met sy prestasie geluk te wens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dreyer se hele familie was musikaal en sy pa was ook ’n pianis. 90% van sy talent is selfaangeleer. Sy eerste onderwyser was ’n orrelis in die kerk en kon hom nie regtig help nie. Hy het toe later vir Ivy Parker ontmoet en sy het hom onder haar vlerk geneem. Parker het vir Dreyer na David Tidwell geneem –  ’n dirrigent by die Kaapstad Orkes.

Dreyer se storie is ’n storie van hoop en liefde beklemtoon deur ’n tekort aan woede, bitterheid en selfs wanhoop. Vandag is ons saam met Reggie verheug oor sy kans om sy droom te kon uitleef!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na ’n uittreksel van sy optrede:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

3 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

6 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

9 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.