Die draaiboekskrywer, Richard Curtis, ook bekend vir Four Weddings and a Funeral en Bridget Jones’ Diary, het gesê dat hy “nooit daarvan sou kon droom om die opvolg van Love Actually te skryf nie.”
Hugh Grant, Colin Firth, Keira Knightley en Martine McCutcheon gaan almal in die film verskyn terwyl Andrew Lincoln, Chiwetel Ejiofor, Bill Nighy, Rowan Atkinson en Liam Neeson ook te sien sal wees.
Opgewonde aanhangers het hulle kommentaar op Twitter gedeel:
Best. News. Ever. https://t.co/O8wUVvBuoo#LoveActuallySequel
— Lindsay Elizabeth (@thelindsayeliz) 15 February 2017
It’s just 10 mins, but I’ll take it! #LoveActuallySequelhttps://t.co/C2d2T41gTe
— Jen Crane (@JenCraneBooks) 15 February 2017
HOLD UP!!!! Whaaaaaat?!?! #LoveActually#LoveActuallySequelhttps://t.co/GgDFZxvPjT
— Daphne Cooper (@dizzcoop) 16 February 2017
Die karakters van Love Actually sal vir dié tien-minuut lange kortfilm herenig om fondse in te samel vir Comic Relief – ’n groot Britse liefdadigheidsorganisasie.
Curtis het gesê: “Ons is aangenaam verras en dankbaar dat so baie van die akteurs ingestem het om deel te neem – dit sal sekerlik ’n nostalgiese oomblik wees om weer bymekaar te kom en die karakters na veertien jaar te herskep.”
Love Actually 2 sal op 24 Maart 2017 op BBC gewys word as deel van die Red Nose Day-televisieprogram.